in , , ,

Plakkaat Oppe Paal Gaan Oor Ons Land se Politieke Toestand

Frazer Barry se Plakkaat Oppe Paal is Afrikaans Roots Reggae soos jy nognooit gehoor het nie en beoog om Suid-Afrikaners met verkiesingstyd te laat reflekteer op die belangrikeid van hul stemme.

Plakkaat Oppe Paal by Frazer Barry Artwork
Plakkaat Oppe Paal by Frazer Barry Artwork

Met die ooptrek weet ek toe somma dadelik dat Plakkaat Oppe Paal is iets spesiaal. Frazer Barry het my nie vooraf gesê hoe hom nuwe liedjie gaan klink nie, so toe Frazer hom stuur het ek met vars oortjies geluister.
Daai bassline, die beat en die percussion het my dadelik ingetrek en toe daai eerste reggae kitaarstromme wegtrek toe kry ek dadelik daai gevoel van “reggae protest music” wat ek van kleins af ondervind het vanaf Jamaika se beste reggae kunstenaars en wat ons ook in latere jare vanaf die wyle Lucky Dube kon hoor.

Daar is egter iets anders; iets meer wat Plakkaat Oppe Paal se klank beinvloed en ek rewind om weer van die begin af te luister nog voor die singery begin.
Ja, daai perkussie instrumente is klink soos jêm-blikke en ek besef dat ek is veronderstel om te weet dat Frazer Barry gereeld onkonvensionele instrumente gebruik. Ek besef ook dat dit daai ekstra iets spesiaals is wat daarvan kom dat Frazer Barry se album projekte en enkelsnit vrytellings soos ver uitmekaar gesaai word.

“As komponis en liedjieskrywer is ek baie gemaklik in basies enige genre, maar toe ek die lied begin komponeer, was dit die Roots Reggae vorm wat vir my die beste vorm was wat die boodskap betref. Die instrumente is alles ‘live’ en ek het gebruik gemaak van Baba Melk blikke (Nestlé blikke), Rainstick, ‘n Rasper wat jy in die kombuis gebruik om kaas mee te rasper.
“Seebamboes was my wind en simbaal klanke, akoestiese kitaar en elektriese kitaar, my vrou Deniel se drumming en ook natuurlik het ek my geheime bestandele wat elke luisteraar mos maar self moet probeer uitpluis om uit te vind wat ek doen om die klank te kry!”

 

Frazer Barry using a Baby Milk Formula Can as a Percussion Instrument
Frazer Barry gebruik ‘n babamelk blik as ‘n perkussie instrument – Foto: Voorsien

Toe die Tribal Echo kunstenaar van Kleinmond inkom met hom stem toe weet ek dat hy nie hana-hana en voetjie-voetjie gaan speel met die lirieke nie.
Daai eerste lyn “Hey politruuker” gevolg met ‘n ala Bob Marley “Whôhou” sê jou dié ou het iets belangriks om te sê.

Plakkaat Oppe Paal beoog om Suid-Afrikaners met verkiesingstyd te laat reflekteer op die belangrikeid van hul stemme.
Ek gaan nie elke lyntjie en strofe in Plakkaat Oppe Paal ontleed nie. Jy moet dit hoor om dit te waardeer.
Dit is slim. Dit is bytend beskuldigend teenoor politici. Dit is ook ‘n aanmaning dat ons nie ons demokrasie as vanselfsprekend moet aanvaar nie en dat ons politici aanspreeklik moet hou vir ons stemme.

Kunstenaars het ‘n Vernatwoordelikheid Teenor Ons Samelewing

“As kunstenaar is dit ons plig om te verseker dat ons ons gawes gebruik om die wêreld om ons te laat reflekteer in ons kuns. Ons mag nie stilbly terwyl ons die ongeregtigheid en die dinge wat ons samelewing bedreig sien nie. Ons moet luister na hoe die mense voel en ons moet kan dokumenteer, reflekteer en dan uiteindelik ons stemme laat hoor. Dit was natuurlik vir my een van die grootste dryfvere agter hierdie liedjie van my.”

Frazer Barry se Plakkaat Oppe Paal is nie uitgesproke teenoor of ten gunste van enge politieke party nie, maar is ‘n goeie uitbeelding van die stand van politiek in ons land oor die hele spektrum van partye en politici ên mense van alle bevolkingsgroepe en demografieë, maar veral hoe dit die armste vand die armes se lewens aanraak. Hy is dit eens dat die gewone mens se stem nie net ‘n stem by die stembus is nie.

Frazer Barry using kelp to make wind sounds in the studio
Frazer Barry gebruik seebamboes om winklanke te skep – Foto: Voorsein

“Ek het op ’n stadium met mond in die publiek uitgespoel oor politiek en toe was daar pogings om my mond stil te maak. Toe besef ek, dat politieke leiers wat nie die belange van die mense op hul hart dra nie, geneigd is om die mense te probeer stilmaak. Ek het in my ervaring gaan nadink en toe kom die tema tot my: Julle is maar net plakkate oppe paal en dan is daar hope beloftes op daardie paal.”
“Met ander woorde, die politieke partye verwoord hul stem en plak dit hoog op sodat almal hulle kan sien en hoor… Maar die ironie is, dat wanneer jy daardie stemme van hulle “aanvat”, deur jou eie stem te laat geld, dan is dit skielik ’n probleem? Hierdie liedjie is opgedra aan almal wat hulle stemme verloor het omdat politiekery hulle doodgemaak het. Lank leef die mense en lank leef die kunstenaars wat nie bang is om op te staan met hul kuns nie.”

Die aanbieder van die OmmiGhellie TV Reeks en skrywer van teaterstukke soos Lipkap se Tongklap sê hy hoop die liedjie inspireer Suid-Afrikaners om nugter te dink oor die politieke bestel en hoe hulle hul stem kan gebruik om die politieke leiers verantwoordelik te hou!

Hier by Bruinou.com hou ons regtig daarvan dat Plakkaat Oppe Paal ‘n ernstige saak vat en dt lekker saamsing-liedjie maak… Nogals Afrikaans Roots Reggae van alle dinge!
Dis net so ‘n groot jammerte dat dit ne all ‘n maand of tewee terug vrygestel is nie.
Dan sou meer mense ‘n bietjie ekstra stof tot nadenke gehad het alvorens hulle hul kruisies trek in Elections 2024.

Luister Na Plakkaat Oppe Paal op Soundcloud

What do you think?

Written by Ryan Swano

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GIPHY App Key not set. Please check settings

Cheslyn Steenberg of the Patriotic Alliance in Rod’s Views

ANC-DA GNU Proposition Seeks to Keep Neoliberalism Intact