in

GHOUT!

Share:FacebookXWhatsAppEmail

Dit is ‘n bietjie lank – maar die moeite werd!!

Ai, niks in die lewe bring groter vreugde vir ‘n moeë Kapenaar met
‘n vis-en-hoenderdieet as ‘n langnaweek in die Karoo of Vrystaat
nie. Die oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup
uit die vakansiebaarde, dis ‘n geil besigheid man, geil sê ek jou,
geil. Jou beker loop oor. Soggens is dit skaapniertjies, middae
skaaptjops en saans ietsie kleins soos ‘n steak of varkboudjie. Hier
beteken ‘n gebalanseerde dieet ‘n tjop in elke hand. Tussendeur word
daar aan springbokbiltong of geelvet beesbiltong gekou om die kieste
in oefening te hou. Soos met alle goeie dinge kom daar ‘n einde aan
alles.

Die terugtog Kaap toe kom soos ‘n dief in die nag. Daar word
uitgestel en weggepraat maar vader tyd het gesê dis Sondagmiddag en
so sal dit wees. Na ‘n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met
skaapboud-toebroodjies, biltong en droëwors vir padkos. Voetslepend
en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte
word die familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend
wanneer ons die N1 vat terug Kaap toe.

Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop , Hanover , Spietkop,
Richmond , Kamera flits die dorpe verby. Drie Susters… amper
halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu’s oor die Groot Karoo.
Ai, as ons maar al die skapies langs die pad kon saamvat vir die
mense in die Kaap. Hulle weet nie wat hulle mis nie. Glo mos net
aan vis en hoender. Hoender is mos die nasionale voël van die
Wes-Kaap. Na Drie Susters kom ek agter daar is fout. Groooooot
fout!!!! ‘n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel
binne. Dit moet ‘n beroerte wees!!! Ek sweer dis ‘n hartaanval…
my hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien ‘n voetaanval,
bosluisvoet of slangvoet?

Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders
wonder of pa krismis gaan haal. Liefie wil weet of ek koors het.
“Bel die dokter” is al wat ek uitkry terwyl ek stotterend asem
probeer kry en my lewe by my verbyflits. Ek trap die petrol dieper
in met my linkervoet terwyl trane saggies oor my wange rol. Hoekom
is die Kaap so vêr??

Vroulief bel die dokter wakker uit sy Sondagmiddagslapie. Dis NOOD
broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok
vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou
rugbybeserings is in die regtervoet. Dan ‘n lang stilte. Ons albei
verwag die ergste en ek ry stadiger om die skok beter te absorbeer.
“Nee” sê Dok, “as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en
daai geëet het, daar geen koors is nie, die pyn nie “loop” nie, dan
lyk dit na ghout.”

“Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir kinders vir karsiek?”
Dankie tog, dink ek, ons is al by die merrikasie, ons vorder. “O,
setpille” hoor ek vroulief sê. “Hy moet ten minste 100mg inkry”.
“Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies” hoor ek vroutjie sê terwyl
ek hard dink hoe ek die klomp pille in my gat gaan opkry. Synde Dok
op “loudspeaker” is, kan ek darem self in my toestand uitwerk
hoeveel keer gaan ek die prosedure moet doen. Toe Dok aflui staan
ek dadelik vas – my hol is ‘n “one-way” en ek het ook ‘n binneste –
“Sal wag tot op Beaufort-Wes, daar behoort ‘n noodapteek te wees”
sê ek kortaf en handel daarmee die gesprek af ter wille van die
kinders.

Op Beaufort-Wes is ‘n noodapteek so skaars soos reën. Niks oop op
‘n Sondagaand nie. “Druk maar deur Kaap toe” kners ek tussen my
tande uit. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreëling vol oop op my
voet. Vroulief maak die kinders en haarself onder kombersies toe
maar sê eerder niks nie. Ek wil my voet vries sodat ek hom kan
afbreek en in die kar se boot terug Kaap toe ry. ‘n Man het sy
trots en ek is geen hoender wat klein pilletjies agterstevoorom pik
nie.

Op Leeu Gamka is al my manlikheid moer toe – alles is wit van die pyn.

“Vrou gee maar – dit is nou of nooit, en ek “nou” liewer as “nooit”.

Vroulief fynkam haar “toolbox” en kom met die fantastiese nuus –
“Hiers nog ‘n 100mg setpil”. Dankie tog. Elke pyn het sy eie gewig.
My pyn voel baie swaarder as 100mg maar met pilletjie in die hand
bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van
verligting by die Ultra City . Hierdie ding moet net werk, dink ek
by myself en probeer moed skep en myself opwerk en motiveer vir dit
wat voorlê.

Ek worstel en sweet, maar ek weet hy MOET in, my moed gaan dit nie
‘n tweede keer maak nie. Dit voel vir my of ek die “bulls eye” van
‘n dartboard van die agterkant af op een been moet kry terwyl ek
die ander mense in die kleedkamer met fyn en sagte kreungeluidjies
vermaak. Die ding voel soos ‘n pynappel.

Na dit vir my gevoel het soos ure se gesukkel is ek terug kar toe
en ons vat die pad verder Kaap toe. Die kinders wil weet hoekom pa
se oë so groot is en of ek vir hulle Rooikappie en Wolf gaan opvoer
om die pad om te kry. Niemand sê verder iets nie en tot vroulief
bly tjoepstil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Dit is so stil in
die kar dat die kinders snoesig aan die slaap raak. Ek sit
nogsteeds met my pyn en trap die petrol al hoe dieper om in die
Kaap te kom. My voet pyn en my hol brand soos ‘n koeëlwond. Ek voel
vuil, soos iemand wat verkrag is en die gebeure in die toilette op
Leeu Gamka is vir ewig in my geheue ingeprent. Wonder of ek nie ‘n
sielkundige moet gaan sien as die pyn eers weg is nie?

By Laingsburg probeer vroutjie ‘n geselsie. “Voel jy al beter,
Skat?” “NEE, fok maar dis ‘n skerp pil daai.” Ek is sommer die moer
in vir als wat wit jasse dra. “Wat bedoel jy met ‘n skerp pil?” wil
vroulief weet. “Daar is dan fokken alluminium om die pil man. Ek
moes die pil omtrent pannelbeat om die meeste van die skerp kante
plat te kry. As ek die ding net so in my hol gedruk het sou ek my
teen die tyd al inwendig doodgebloei het” verduidelik ek.

Die volgende oomblik smaak dit vir my vroulief het as
selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die
kinders se lyfies so ruk en hulle met hulle handjies bokant hulle
koppe gryp in hulle slaap. Ek het haar laas so hoor lag toe sy
gehoor het van haar eerste swangerskap. Sy sien die moerse
vraagteken op my voorkop en sy bulder dit uit: ” JY MOES DIE
ALLUMINIUM AFHAAL JOU POEPOL!!!!!!!!!” Met die trek sy haar selfoon
nader en ek weet die kak word nou weer vir al haar vriendinne
vertel. Dat die verskriklikste pyn in my voet en ‘n brandpyn in my
gat nou vir iemand so snaaks kan wees.

Ek moes myself verdedig. “Maar ek dog dit werk soos ‘n kapsule. Mens
breek mos nie ‘n kapsule oop nie, netnou vergiftig jy jouself met ‘n
oordosis, die besigheid moet mos stadig mens se sisteem bekruip.” My
manlikheid en intelek is daarmee heen. Die hele wêreld gaan dit ook
nou weet. Vroulief mishandel behoorlik die selfoontjie om die nuus
oor die heelal te versprei terwyl sy saggies, amper geheimsinng
giggel en geluidjies van plesier maak. Ek kry simpatie met mans wat
hulle vrouens moer.

Dok is natuurlik die eerste om van my ongelukkie te hoor. Hy kan
sommer my lyding oor die internet uitblaker en die eer kry vir die
beste mediese joke van die maand. Dokters is almal etters. Geen
setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreld weer
in die oë kyk? Gaan ek ooit herstel van my ure van lyding en
vernedering in die toilette op Leeu Gamka? Ek raak hartseer en
verlang terug na die tere liefde en simpatie van my moeder.

Volgende oggend is ek natuurlik ‘n “celeb” by die werk. Almal wil
net bemoedigend aan my vat of ‘n ou geselsie aanknoop. Wil weet of
ek nou ‘n “stainless steel silencer” het. Ha ha ha – lag vir jou gat
man! Ek wens julle kry die pyn wat ek in my voet gehad het in julle
“silencers”, dan praat ons weer.

Ek weet nou nog nie of die setpil gewerk het nie. Ek sal moet wag
tot al die aluminium “corode” het.

Fediverse Reactions
What do you think?
Share:FacebookXWhatsAppEmail
Stay in the loop
Join Bruinou
Avatar photo

Written by mickelle

Leave a Reply

Avatar photo

Your email address will not be published. Required fields are marked *

it hurts when i do it

who shot ya?