in , , , ,

Liam Jacobs en Die Political Party Revolving Door

Liam Jacobs loop alweer deur die Political Party Revolving Door en wys ons hoe om meer political parties te hê as wat sommige mense exe het. Chipyks verduidelik wat eintlik aangaan.

Share:FacebookXWhatsAppEmail

Chipyks het grootgeword in Eersterust.
Nou as jy van die Poort af kom, ken jy hierdie tipe mens.
Hy’s die ou wat vandag ‘n Manchester United hemp dra, môre Liverpool support, en teen Vrydag verduidelik hoekom hy nog altyd eintlik ‘n Arsenal man was.

Hy’s die ou wat sy dol los vir haar beste tjommie. Dan los hy die tjommie vir die buurvrou.Dan los hy die buurvrou vir sy oorspronklike dol.
Dan post hy op Facebook: “God works in mysterious ways.
“Nee vok. God het niks hiermee te doen nie. Jy’s net vokken deurmekaar.

Watter nuwe spin storie moet ons nou glo?

En dit bring Chipyks by Liam Jacobs…
Die menslike weergawe van Load Shedding Stage 6. Jy weet nooit waar hy volgende gaan opdaag nie. Kom ons hol deur die geskiedenis soos CSI Eersterust en ek is Horatio…

Eers ANC… Toe DA… Toe PA… Nou Weer DA.
Teen hierdie tempo gaan die bra teen 2030 waarskynlik homself join. Hy gaan sy eie party stig net sodat hy daaruit kan bedank.

En elke keer wanneer hy skuif, staan daar mense wat dit probeer spin asof ons na Nelson Mandela se vrylating kyk.
“Nee maar dis ‘n strategic move.”
“Nee maar dis politieke volwassenheid.”
“Nee maar dis groei.”
Groei?

Broe…
As ek vier keer van werk verander in twee jaar, noem Discovery dit flippen nie groei nie. Hulle noem dit ‘n risk profile.

Imagine jy trek in by iemand met wie jy laasweek baklei het

Die mooiste deel van die storie bly steeds die Gayton episode.
Hier sit Liam in ‘n komitee. Openbaar. Op kamera. Voor die hele vokken land. En hy en Gayton gaan mekaar aan soos twee taxidrywers wat dieselfde dol wil oplaai, laat sy voor in die middel kan sit.
Die internet was mal daaroor.
TikTok clips… Facebook reels… WhatsApp voice notes.
Mense maak popcorn.

Toe dink almal:
“Okay, die twee haat mekaar nou.” Chipyks kan aan een ou dink wat hy so gehaat het… ‘n Week later join hy die PA.

‘N WEEK.
Net ‘n week…
…en Chipyks haat nou nog daai ou vi iets wat in early 2000 gebeur het.

Broe…
Dis nie ‘n politieke skuif nie.
Dis Stockholm-sindroom met ‘n persverklaring.
Gayton McKenzie kyk na die man wat hom pas vir n moegoe gevat het voor die hele land en sê: “Bring vir hom ‘n stoel.”

Chipyks verstaan nie daai tipe liefde nie.
As iemand jou daar disrespect en jy promote hom, dan het een van twee goed gebeur:
1. Jy is óf ‘n heilige.
2. Of jy het jou verstand verloor.

Toe wen hom ex hom terug

En toe gebeur die onvermydelike.
Net toe almal gewoond raak daaraan dat Liam Jacobs nou Patriotic Alliance is…
…word hy weer DA.

Dis soos om jou ex op haar honeymoon te sien en drie maande later is sy weer by haar ma se huis.
Jy weet nie of jy moet lag, huil of die ketel aansit nie.
En hier is die deel wat niemand hardop wil sê nie.
Die probleem is nie Liam Jacobs nie.

Liam doen wat ambisieuse mense doen.
Hy kyk waar die ligte is. Waar die kameras is. Waar die geleenthede is. Dis letterlik wat politici doen.
Die werklike probleem is die politieke partye.
Want elke party in Suid-Afrika praat oor beginsels.

Totdat iemand met followers opdaag.
Dan verdwyn daai beginsels vinniger as Clippa in n Fafi Game
Skielik maak niks meer saak nie.
Nie die verlede nie. Nie die kritiek nie. Nie die tweets nie. Nie die speeches nie.
Bring net die engagement stats. Bring die TikTok views. Bring die media coverage. Bring die clicks.
Want moderne politiek is nie meer ideologie nie. Dis influencer marketing met staatsfondse.

Die Reality Show kry ‘n nuwe twist in dieselfde ou plot

Ons maak asof ons vir partye stem.
Maar partykeer voel dit ons stem vir cast members van ‘n reality show.
Die ANC is op Season 31. Die DA probeer die ratings red. Die PA gooi elke week nuwe karakters in.

En die kieser?
Die kieser sit by die huis met Eskom se candlelight ambience en probeer uitfigure hoekom brood R30 kos.
Intussen speel die politieke elite musical chairs. En die musiek hou nooit op nie. Want die DJ is belastinggeld.

So ja.
Liam Jacobs is terug by die DA. Die PA verloor ‘n gesig. Die DA kry ‘n TikTok rekening.

En Suid-Afrika?
Ons gaan môre weer werk toe. Want iemand moet die rekening betaal vir hierdie hele circus.

NIGGALATIONS 12:1
En die HERE het gekyk na die politieke partye.
En Hy het gesien hoe hulle dieselfde man rondruil soos ‘n Tupperware bak by ‘n familie funksie.
En die HERE het gevra:
“Wie se bak is dit nou eintlik?”
En niemand kon antwoord nie.
Want teen daardie tyd het almal vergeet waar dit begin het.
Amen.

Nou gaan braai.

Fediverse Reactions
What do you think?
Share:FacebookXWhatsAppEmail
Stay in the loop
Join Bruinou
Avatar photo

Written by Chipyks

Leave a Reply

Avatar photo

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Why I Will Never Go Back to My Indian Barber

Silwerskermfees 2027 Kortfilms en Dokumentêre Kompetisie Nou Oop