(Every year for the past 3 years, Eersterust has been hosting its very own version of the popular reality singing contest, Idols. Controversial, outspoken social commentator, Warren Sithole gives his summary of the event in his inimitable style)
Well ek het regtig uitgesien na dit, ek het “even” vroeg opgestaan en n walla geslaat Pick n Pay toe net om my kaartjies te koop. Die manne was nog nie daar nie toe loop ek maar terug huis toe maar ek het weer na n uur terug gestap en ek het vir Eddie by die shop gekry en ek shoppping my twee tickets vir ek en die dol.
Nou die rede hoekom ek so gretig was om uit te steek by die Idols, was omdat Eddie my belowe het dat dit helluv “entertaining” gaan wees. Better as 2009 se idols, maar ek was mossie by 2009 sinne nie. Maar ek remember 2008 se Idols asof dit nog gister was. Billa wat hom Usher moves oppie dansvloer geslaat het en die dolle mal gemaak het, met hom remix van Eazy Like a sunday Morning. Onse eie Randal my genant Warren Petersen, die beste Judge eva ekt hom stukkent gelike. Ek kan net nie onthou wie die seremonie monster was nie. Die MC, die ou wat mos moet maak die crowd moet lag en luister en all that.
Maar Idols 2010, alhoewel die nie die finals was nie, was dit rerig “Vokol” om oor huis toe te skryf nie. Alhoewel die CPF buite die “Civic Center” my gerus laat sit het binnekant, omrede ek buite die grens in n bos parkeer het en ek n CitiGolf ry, so n KromKeps kon nie in my kar inbreek nie (Baie Dankie CPF) Kon iemand maar my kar ingebreek het, dan sou daar atleast EXCITEMENT gewees het.
Die eerste paar minuute was helluv, ekt even n celeb gesien (ou Calvin van Isidingo) en toe ek hom autograph wou gaan vra toe het hy ge dissapear. Maar toe begin Gam se kind mos wee met hom manawales. Eerstens het die Nuwe Seremonie Monster nie die crowd gehad nie. Hy was nie entertaining genoeg nie en hy het vir hom eie swak jokes gelag, dan het hy nog die NERVE om te vra dat n mens nie sleg van die Idols 2010 moet praat nie I.M.A.G.I.N.E. Waa het hy grootgeword, mens weet mos gam se kind doen altyd die teenoorgestelde. Ek is sekker hy was die TOPIC van baie status updates op Facebook. Tweedens kon ek vokol hoor hoe die contestants sing nie, want lyk die Idols showcase is die nuwe plek waar die jeug van poort kom om mekaar se outfits te bespreek want niemand kon hulle bekke hou terwyl daar gesing word nie. Ek wil mos die vokken Idols Contestants hoor nie vi jou hie langsaan my nie. Bly tog net still totdat hulle kla gesing het. Derdens Die Sound Engineers, ekt gedink ek is by n SPL Competition want by sekere mense se songs het ek net bass gehoor. Dit het my laat dink aan die nineties by Superliner op n sunday, of by die Office soos dit bekend was daai tyd. Fire daai Sound Engineers want hulle vang net kak aan. Plus last but not least, ek hoop die mense vanie Eersterust Idols gaan die contestants daarom wys hoe om die MIC te gebruik. Ek meen nou SERIASLY ne, Lyk die contestants was bang viri mike, en die wat gam se kind nie hom/haar bek kon gehou het nie het ookie gehelp nie.
Maar daar was ook n paar lekke episodes jong, it wasnt all bad, poort het biekie TALENT jong. Absa Bank het GEREPRESENT met Candice wat somma aankondig, voordat die Seremonie Monster haar n vraag gevra het, “DAT DIT BY HAA IS” net omdat sy nie ge eliminate was nie. Kan mens so FORWARD is, lyk sy ly aan FORWADJITIS. Die SuperGroovers het ook gerepresent en hulle het gewys dat hulle outies is van MANY TALENTS en hulle het ook n representitive in gestuur en hy wassie ge eliminate nie. Daai Lewis meisa was ookie te kakkie, of sal ek die die “LITTLE MISS DYNAMITE“
Die nuwe woord wat ek gehoor het van die Honourable Judges was “DICTION“. Dit was net van “WORK ON YOUR DICTION“. en “YOUR DICTION was not on par”. Ken hulle nie van die “BUSHIE ACCENT” nie. Judges dissie Diction nie dis soos die mense praat, ons almal het mossie “MODEL C” skole geloop nie en engels as eerste taal gepraat nie, they were just “KEEPING IT REAL“. Julle DICTION was dan ookie vannie manne nie. So HOEKOM werk JULLE nie op JULLE diction ook nie. Maar luckily het niemand die cliche gebruik van YOU HAVE TO MAKE THE SONG YOUR OWN nie. Want ek sweerit ek sou self in my pentie gepis het.
So ek check, wat daar gemaak kan word om die finals iets te maak om oor huis toe te skryf:
- Kry n ander Seremonie Monster, iemand soos oom Speedo Wilson
- Sound Technician, kry ander mense wat hulself verstaan. want ek is seker daai Larneys is van n sound compie af nie van n singing contest af nie, want hulle toets dan die bass lyk ons is by n Sokkie Bokjol, waar ons Bok Van Blerk se Delarey Delarey en Steve se Liefling gaan luister. Plus dit beteken okkie Just becoz its ALL WHITE, it has to be ALL RIGHT. Larneys kan ook kak aanjag.
- Is daar nie biekie Interval shows nie. Ek meen kry n paar comedians en n paar dancers. n Group wat kom RAP sal okkie te kak issie ek meen daa moet outies is wat lekke kan rap in poort. Ek het in 2008 gese, kry vi Julian Manual laat hy Keybord kom speel en weer sing.
Die was nou MY FAAIBOP, vat dit soos jy wil ek sienit as KONSTUKTIVE KRITICISM………
Shap en Ahweeeeeeeeeeeeee

