in

Kan jy vetkoek bak ? Weet jou ma jy’s hie’ ?

Share:FacebookXWhatsAppEmail

Hallo almal hoe gaan dit ?

Oom Shakes hierso van Hardknock Entertainment – ek het nog nooit geblog nie, ek try dit maar uit. Ek sien daai antie in die Stork advert hoe sy praat van dit en dan lek so so die cream van haa’ vinger af, dan maak dit ek wil ook blog.

Ek dink baie kak uit constantly, en dit rhyme altyd, so ek gaan my hele kop hier uitspoel. Lees maar en kap my aan wat julle dink.

Ek het lus om iets poetic te skryf, en die font op die ding voel kwaai , soos ‘n fine point bic pen, so here we go :

My eerste poem op die blog ding entitled:

Kan jy vetkoek bak, weet jou ma jy’s hie’ ?

Ek ken eintlik nie wee’ my bybel so nca nie

Maar al wat ek ken is An’ Mabel issie daa’ nie

Sy was van daai Proverbs 30 something kind of oumas

Die reuk in my ma se huis remind my nou laas

aan die dae toe ek sien hoe die deeg so raise

En die ou vrou hum saggies daai ‘Amazing Grace’

Terwyl sy mix en vir haar self net goor aan gaan

‘How sweet the sound’ is hoe die koor aan gaan

4am Sondag oggend oor haar Radio Pulpit

Tewyl jy in die club is met daai ‘hey’ en ‘ho’ bullsh!t

Daai tye dan ryk ek al kossiesters en java

die pudding wat gebak word proe presies soos malva

Pampoen is op die stoof en die beet kook langsaan

Sondae middae en lekker eet kom lank saam

En die ou girl het altyd lekker all out gegaan

Ons was SAAM niemand het by die mall out gehang

Three piece suit gedonsa, in die Sunday school

Lunch geeêt, gespeel, tomorrows Monday fool

Boys come and help us, girls come and help us

Father Abraham, wat wat, the whole world felt us.

Fast Forward to the 21st century

Laas week Sondag het ek sommer chips geeêt

Die asyn was so sterk dit het my lip gebreek

polony en russians en allerhande kak ook

Ek sien hulle het nogal die die chips half gebak ook

4pm in die middag toe staan sy ees op

Ons was uit na die club toe hou sy haar kop

Maak so drie black labels om die baabie te beat

En die girl het my ouma, vir Mummy ge meet

Hoe wens ek ons was terug in 1980 something

Back to the old days, remind me, lately nothing

is the way that it was, its just not the same

En almal van hulle swear – ‘I’m not to blame’

Ek wil nie juis vout vinder wees nie

Maar diet lyk asof hulle nie huishoudkinde lees nie

Weet jou ma jy’s hier kan jy vetkoek bak ?

Ek soek my ouma terug, ek’s moeg van jou kak.

Oom Shakes , Hard Knock Entertainment 2008, copyright wat wat …. daai c met die O om dit.

Fediverse Reactions
What do you think?
Share:FacebookXWhatsAppEmail
Stay in the loop
Join Bruinou
Avatar photo

Written by Sheldon Ferris

Leave a Reply

Avatar photo

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Raiders Baseball – Changing communities through sport

How great it feels