in

Die Boere, Darkies en Dushies: Hulle slat ons hiller oor dag, ma-se-kind, sommer hiller oor dag…!

Share:FacebookXWhatsAppEmail

(What? You have’nt read the 1st installment of Ronald Dyers’ on-point missives on the state of the bruin nation…Click HERE for part I)

Laas
keer het ek en antie Susan jou ge-tune
van Coloureds wat dink hulle’s cool,
maar wat nie kan sien hoe cooler
die Boere is nie. Nou wys ons jou hoe Coloureds elke dag oopbek staan
en kwyl terwyl al die ander hulle eie oorlewing verseker.

Dis
hoe die Boere die Coloureds skaam kan laat staan oor survival
as ‘n minderheidsgroep. Die Boere is nie net masters
of survival
soos met die
VOIC company wat hulle in Nederland gestig het om te survive
nie. Die Boere het nog verder hulle unieke minderheidsgroep se
tenacity
bewys. Laas keer het ek en ant Susan gepraat van daai company
waardeur hulle bykans helfte van die wêreld oorheers het. Ons
gaan voort met die Darkies en veral Dushies wat slaap in die dag,
terwyl die Boere ernstig hulle oorlewing as minderheidsgroep verseker
het.

Na
die VOIC die Kaap mooi begin oorvat het, is daar nog ‘n groep
witmense in Frankryk wat onder godsdienstige onderdrukking begin
suffer
het en wat ook die pad af na die Kaap toe begin vat het in skepe.
Hierdie Hugenote kom hier aan en kry ook plase en land. Veral hierdie
groep gebruik die kerstening van die inheemse groepe ook tot die
voordeel van die blankes.

Sien,
die Boere het ‘n oorlewingsformule uitgewerk wat jy nie op skool of
varsity geleer het nie: Grond
= eiendom = kapitaal = welvaart = rykdom = groter
lewensinvloedrykheid = better survival!

Daai
selfde VOIC wat die Boere so gehelp het, het mos vir hulle ‘n pyn
in die gat begin word. Plus toe gee die Engelse die Boere ook nog ‘n
moeilike tyd aan die Kaap en die Xhosas begin die Boere se oorlewing
bedreig. Nog meer, die Boere wou steeds die baas van die plaas wees.
Toe decide
die Boere weer. Hulle gee nie op of ‘hands-up’
nie, hulle is ‘die-hards’!
Hulle move once
uit! Hulle vat sommer hulle hele goed en gaan vat die Vrystaat en
Transvaal en uiteindelik die gebied van hulle groot trek se
aartsopponente, die Zoeloes, vir hulself. (Hulle’t Zimbabwe net-net
gelos…).

By-the-way,
daai tyd toe die Boere begin move
was daar reeds baie swartes in die Vrystaat en Transvaal gewees het.
Ek en my antie vra so terselfdertyd mekaar die retoriese vraag:

Nou
hoe de hel het die Boere dit reggekry om hiller oordag sommer so oor
al die ouens te loop sonder dat hulle gestop is?


Jislaaik,
waar kom soveel ystererts uit Afrika vandaan? Is dit nie uit
Suid-Afrika se Sishen gebied nie. Hoe de fok het ons mense dat net
gebly by spiesietjies maak en kon hulle nooit dit uit-figure
om ‘n gun
te maak nie? En as hulle te damn
dom en lui was om self een te ontwerp, hoekom het hulle nie een van
die Boere af gesteel, die ding mooi uitmekaar gemaak (en as een van
hulle in die proses moes dood, so
what
) en ge-study
het en dat sommer begin om vir hulleself sulke dodelike donderende
goed te maak? Wat was fout met ons mense…?! Het hulle gedink die
Boere gaan net op ‘n lang piekniek stappie? Met al die waens en
meubels en diere ook nog? Fool
miskien jou ma – maar jy fool
nie vir my nie – as jy sê jy gaan net vir die weekend
Durban toe maar jy vat jou hele trek saam met al jou honde en katte
ook…

Lyk
my die enigste logika agter die trekkery van die Boere en hulle
oorname van soveel grond en gebied, onder die neuse van die geweldige
oordonderende meerderheid swartes – en sonder behoorlike
noemenswaardige stuitbare aanslag van die bestaande bewoners van die
gebiede – wys vir ek en antie Susan op die Boere se heel waarskynlik
superuêre oorreding-, uithou-, en strategiese vermoё bo die
ander groepe. Daarby was ons mense lyk my te vrek bang, lui,
onwaaghalsig, halfhartig en te vatbaar vir oortuiging uit ‘n
vreemde en inherent oorlewingsgedrewe superuêre aanslag en
ideologie. Jy sien, dis hoekom elke swarte vandag net wil praat van
“build capacity”
(korrekte Mzansi uitspraak is “bield
kapaa-sie-tie”
) want ons
mense het nie voldoende kapasiteit besit nie (en die Boere het dit
gehad of gemaak). Die hele “kapaa-sie-tie”
ding spook nou nog by die mense!

Hierdie
agterstand en swakkerigheid is half tot vandag toe ook so, selfs tot
die eie-goed van die Dushies en die Darkies. Ons glo in die Boere en
die Boere se goed, want die Boere is regtigwaar beter as ons.

‘Jy
sien mos die lang hare wat almal dra. As ek maar tog net soos ‘n
Lannie-meddie kan lyk.’

‘Die
Gusheshe van my, die Lannies het dit eers gery.’

Afval-kos
kon nooit ‘n groter aantrekking onder dieselfde mense wat meen dis
eintlik hulle kossoort nie. Kyk hoe eet die Bruinetjies en
Swartetjies meer hoenders as wat die Wittes dit eet. Dis die
Wittetjies se resepte van hoenders deur KFC, Chicken Licken,
Chicken-Hoender, en nog ‘n ander hoender plek daarby. Vra maar vir
Baby Jake wat in die Oosrand die groot flop ge-run
het deur aan die mense afval en pap te wou verkoop en gedink het dit
gaan in ‘n moerse egte African franchise
ontwikkel. Die shop het binne 3 maande toegemaak, want die mense het
in hulle onderbewussyn gesê:

Darkies:
“Hau, you don’t have any
nice chicken like the one of Kentucky…?”

Dushies:
“Nay my auty, ek smaak nie
daai lelike afval kosse nie…! Gha my ‘n McDonalds liewer!”

Waar’s
Afrika se ‘Impi’ motor kar? Jy sien eerder Afrikane en
Bruinetjies met hulle meddies met sun
glasses
op (al skyn die son
nie) wat net ice cream
kan poep in Bavaria Motor Werke se karre rondry, so trots asof hulle
self die damn
goed uitgedink en gemaak het, maar nie eens weet waarvoor staan die
BMW stoeka nie… Nou is die Indiërs ons ook voor met hulle nuwe
Tata-karretjie, wat sowat R17 000 splinternuut sal kos. Ons is te dug
om ons agterstand te besef! Almal ry ons weg. Jy hoor net:
“Tata-Bruinetjies,
Tata-Swartetjies, whew-whew, julle kan nie julle eie karretjie bou
nie”


Die
Boere het ook lankal vir ons tata gesê wat innovasie betref.
Die SABC is mos nou amptelik onder swart beheer – een kamstige
movie
van ‘n oorwinning vir die swart bevolking. Op dieselfde SABC wys
hulle nou die ander dag die indrukwekkende twee-passasier
vliegtuigies waarmee die wittes sommer die hele land deurvlieg. Dis
bekostigbaar, ekonomies en veilig. Hierdie klein goedjies kan nie
soos ‘n gewone vliegtuig uit die lug uit val as iets sou verkeerd
loop nie. Die Boere het ‘n spesifieke metodiek ontwerp dat die ding
nie kan neerstort en jy jou gat sien nie. As enigiets verkeerd gaan –
die enjin stop, petrol klaar raak, jy ‘n heart
attack
kry – dan hoef jy
nie te worry
nie. Die ding glide
dan in so ‘n geval saggies af. Die ding is sommer ‘n parachute
op sy eie! Dieselfde SABC – wat uitsonderlik swart en bruin
gekontroleer is – wys hierdie uitnemende uitvindsel van die Boere!
Wat is die noemenswaardige uitvindsel van die Bruinmense? “Hosh,
ma-se-kind, maak twee koues daar…”

– dis ons greatest
invention and survival tactic
.

Ons
almal is ook nie dom nie, ons is miskien net soms dug. Ons weet die
Boere het ekonomies steeds die land in hulle hande. Ons ken ook die
hele BEE-gemors en ons weet dat die meeste Swartes en Bruines steeds
niks het nie. Dis net hier en daar ‘n paar wat iets bekom het en
wat nou dink almal is uitge-sort. Net soos daai moggo van ou-Mbeki
ook gedink het, tot Zuma hom vinnig sy antie gewys het. Ons bly egter
te dug om uit die geskiedenis te leer.

Die
Darkies leer egter vinniger as die Dushies. Ek vertel jou daai mense
leer! Hulle het proposioneel ver meer studente as die Bruinetjies,
beide op skool en op universiteit. Hulle het ook iets geleer uit die
Boere se Groot Trek. Hulle besluit ook sommer deesdae vinnig niemand
gaan in hulle pad staan om ‘n beter lewe te bekom nie. Dan maak
hulle presies ook soos die Boere gemaak het: Vutta
‘n paar ouens, pak
jou goed, en vat
‘n ander ou se grond. As jy jou oë oopmaak dan het hulle
oornag ‘n squattercamp
gebou en jy sal hulle nie daar afkry nie. Nie lank nie, dan word
daar sommer vir hulle huise, paaie, skole en klinieke gebou. Hulle
het die gutts
van die Boere aangeleer. Vutta,
Pak en Vat!

(Of miskien is hulle ten opsigte hiervan netso slim soos die Boere,
want jare gelede het die Darkies ook uit die GreatLakesRegion
na Mzansi se kant toe beweeg en alles van die Boesmans begin afvat).


Selfs
die Darkies van ander Afrikalande hou aan met die ding van Vutta,
PakenVat! Ry deur die land of stad of dorp en oral is daar Darkies van ander
lande af wat reeds hulle eie huise het, al is dit selfs ‘n RDP
huis. Hulle vutta hulle broers en susters en sommer die hele
extendedfamily
en hulle begin ook pak en kom vat vir hulle. Dis net Vutta, Pak en
Vat! Waar jy ookal kyk; orals, hiller oor dag, voor die slapende
Dushies se oë. Hiller oordag…!

Bruinmense
is die swakste van alle groepe en die dugste. Ons het niks van die
Boere of van die Swartes geleer nie. Een van die most
over-populated
plekke van
die Bruinmense is Reiger Park. Daar staan seker maklik 100 flats
leeg in Germiston, maar dink jy die goed sal soos die Boere of
Swartes maak – Vutta, Pak
en Vat
? In Riverlea word
die Zam’impilo squatter
camp
nou afgebreek.
Zam’impilo beteken letterlik ‘zama’ die lewe, probeer en try
survive
. Dit sinspeel op
die hele oorlewingsaak van die individu sowel as die groep. En waar
gaan die mense van die squatter
camp
nou heen? Hulle
zama-zama het gewerk. Hulle slaan die lotto se jackpot. Hulle trek
na hulle splinternuwe huise toe! Hulle kry beter lewensvooruitsigte!
Die huise, paaie, klinieke en skole is klaar vir hulle gebou, langs
Noordgesig nogal ….. Die Bruinmense van Noordgesig en Riverlea, wat
jare lank op ‘n waglys is vir ‘n huis, verloor 100%. Hulle moet
maar aangaan en in backrooms
bly, te bang om te leer uit wat die Lannies gedoen het. Te dommer as
die Darkies.

Verloorders
regdeur die bank, dis wat Bruinmense geword het en wil wees. Miskien
gaan hulle so bly….Hiller oordag gaan hulle net verder en verder
die verloorder in alles in hierdie land begin word. As hulle eendag
hulle oë oopmaak dan moet hulle die gardenboys
en kitchengirls
is, of die drug junkies
en prosties. Ek en my antie weet nie. Sy skud haar kop. Ek’s
sommer lus en drink ‘n hele shebeen
leeg om net die worry
oor die Bruinetjies weg te kry…. Dis moeilik en soms net te
uitdagend om deel van die domste groep in Mzansi te wees….

Kan
ons nie ook, of selfs beter wees, as die Boere en Swartes, as dit by
ons eie groep se oorlewing kom nie? Kan ons nie ook maar begin
Vutta, begin pak en begin vat vir ons oorlewing nie? Of gaan ons
maar aanhou slaap terwyl al die ander ouens hiller oor dag vir hulle
begin vat? Die’s ‘n matter
van of dom Dushies bly of duidelike Dushies word. No
two ways about it.

Hiller
oor dag, ma-se-kind, sommer hiller oor dag vutta en vat hulle alles
voor ons neuse! En wat maak ons Dushies? Hy staan met ‘n droë
oopbek wat kwyl… Hiller oordag wys almal ons onse anties!

Fediverse Reactions
What do you think?
Share:FacebookXWhatsAppEmail
Stay in the loop
Join Bruinou
Avatar photo

Written by Ronald Dyers

Leave a Reply

Avatar photo

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Why I dislike (some) Coloured academics!!

Hillview High Rejuvenation project