Haar gesig, ek sien haar gesig.Haar vel is opgevrommel,nie sakkerig maar in lae oppad na die vokale punt,wat my soos `n magneet antrek… haar oë.Dit flits stille woede, onderdruk van jare se stilbly, maar daar is ook skaamte daar,so naak soos die oog kan sien, en dieper in die mengelmoes van `n lewe opgesluit in die blik wat terugkyk na my is daar iest anders, iets wat ek nie kan peil nie.
En daar is ek, die regter,die vingerwysende vuurvreter,roerloos,skuld tuimel in verskillende skakerings oor my, al die tye van misverstaan, al die tye van opgemaakte “minds”,ultimate en onregverdige slotsomme,tye van my rug draai, verwyte,woede soos warm kole,gloeiend oor my liggaam tot koorsagtige oktawe wat weergalm het van “Ek haat jou”, toe al wat sy gevra het is net `n bietjie verstaan, net `n titseltjie liefde, net `n bietjie sou kon deug maar ek was onverbiddelik in my besluit. “She has made her bed, let her bleddie well lie in it” That’s what I said.
Hoe total ver kan `n mens die pot mis sit?Hoe blind kan `n mens wees vir wat reg voor jou staan?Hoekom moet ons myle loop, omdraai paaie,alewig verbymekaar swaaie, om tog maar terug te kom by die beginpunt, die konneksie, die essensiële sentrale punt in ons menswees.
Voordat jy my ma was,was jy `n vrou, voordat jy `n vrou was, was jy `n suster,voordat jy `n suster was,was jy `n dogter, voordat jy `n dogter was, was jy `n kind wat die wêreld met splinternuwe onvetroebelde oë aangekyk het, en voor jy nog kind was, was jy net mens,vlees en bloed maar selfs groter as dit en voor dit alles was jy gees, God se verryklike skepsel.
Dit was eers later dat jy die ander titels kom aanleer het, die rolle gevul het soos die aanvraag was, nie met totale begrip vir hoekom dit nou presies so moet wees, maar gedwee die voetpaadtjie van eeue gelede, verder uitgetrap. Vasbeslote om dit met oorgawe te stap , verseker in die wete dat daar tog iets spesiaals binne in jou woon, en net die wete van die onbeskryflike roeringe in jou hart, stap jy enige dag op die aangeleë voetpaadtjie genoem Lewe.
Ek sien jou wil ek skreeu, ek sien jou waaragtig vir die eerste keer…en …ek is jammer.Hoe ongelooflik klein klink daardie drie woordtjies in `n oomblik van waarheid,hoe vee `n mens weg al die verstote, die nie-daar-wees-tye, die ongevoeligheid, maar bowenal die nie-raaksien tye?Soveel tyd, soveel jare, onherroeplik verby. Sulke groot skade, kan dit weer herstel word?Is there a road to recovery here, of is die voetpaadtjie te holgery, verkrag deur onmens wees in `n tyd wat menswees al was wat kon salf?
Haar oe gee die antwoord, want liefde woon nog steeds daar, na al die seerkry is daar soveel hoop nog, soveel geloof in die mens, is daar `n sterker wil om nou die een te wees wat verstaan, selfs toe niemand haar wou verstaan. Daardie verwyt sluit sy in haar gemoed weg,verewig beloof sy aan haarself,haar lippe sal nooit daaraan proë nie,sy sluit dit weg vir haarself om daaraan te lek, die diepe seerkry self te salf, en te hoop dat tyd `n roof sal bring, solank die bloeding nou kan stop.Hoe groot het sy geword in haar menswees, hoe het sy verrys dat haar eie self vandag die oorwinnaar is, maar selfs meer besonders, die eie self wat `n hand uitstrek na die baas wat hom kasty het. Hoe groot moet haar gees wees, ek is in ongeloof.En tog hoe klein is haar status in die wereld se oë, haar aansien niks, haar werke tot onbenulligheid gevonnis, haar bestaan `n “inconvenience”. Het sy geweet sy sou so groot wees, was daardie wete stil in haarself toegesluit, wagtend op die oomblik? Of het sy haar self verras? Haar oë gee weer guldiglik die antwoord. Daar is verbasing, maar nie ongeloof nie. Haar gees was altyd sterk, maar haar menswees het begin mank raak, en in die oomblik van versoening , het albei haar nie in die steek gelaat. Dit is volbring.

