Van wat praat jy as jou column se naam “Hard Knock LIVE!!” is?
Daai
is die vraag wat ek myself vra. Maybe moet ek net wheatie van wat maak
die lewe so tough? Wat is dit wat maak laat ons bushies relate met
‘it’s a hard knock life’?
Die eeste ding wat ek van kan
dink is pakslae, of a can of whip ass soos die niggaz dit roep. As daa’
nou een ding is wat meeste van ons kan onthou, dan is dit nou die tye
wat ‘n ou Pak gekry ‘it.
Ek onthou ande’ half, ek het ‘n five
rand gehet, daai papier outjies, so perserige colour as ek nca onthou.
Ek check om te sê ek het dit vir my birfday gekry of iets, want is mos
nou nie everyday wat ‘n ou ‘n five rand het nie.
Anyway, ons gaan mos baats (public pool) toe in Ext 4 (Eldorado Park). Daai tyd toe’s die baats nog free.
Plus
ons het altyd vas gesit met diedies van Ext 6 wat uitgesteek’it by onse
pool, ek ken nou nog nie hoekom was daa’ altyd bakleiery tussen mense
van Ext x en Ext y nie, dit het possibly iets met divide en conquer te
doen. Maar voordat ek van die topic af gaan, terug na die pool toe.
Nou
die pool was nie ee’s ver van die huis af nie man, maar dit was nog
steed’s ‘n occasion – iets soos ‘n picnic man. Dan was dit nou jy en
jou crew, die boksem bende, die get-a-long gang, of whatever de fok
julle julle self geroep ‘it. Plus is mos net ons is ons. Towels in die
kitbag, Vaseline in ‘n checkers pakkie, man man in hom koshie(swimming
costume for y’all of English) of shorts, voëltjie borse uit, ready om
‘n pênsie te slaan.
Nou vir julle wat nie ken wat is ‘n pênsie nie, daai is nou as jy
gat sien van jou mag se kant af – ja nie maag soos die boere sê nie –
jou mag se kant af.As jy nou hardloop en jy duik, maar dan buig jy nie
te lekke jou body nie, dan fokken neuk jy in daai water so straight
soos ‘n ironing board, dan sien jou jou gat. Nou daa’ was ‘n babypool
en ‘n groot mense pool, die 6 feet pool. Maar die 6 feet pool se nca
kante was about 2 or 3 feet.
Nou ons het by die 3 feet kante ge goef. As jy klaar ge goef ‘it dan kan jy brood en achar gaan koop ‘it vir 10c.
Wat
kan jy kry vir 10c deesdae? Daai tye dan staan die lifesavers en skep
self uit daai geel emmer monate achar, dan sit hulle dit net so op die
brood vir jou vir shieling, dan kan jy nog ‘n choepa(like a cheap
substitute ice lolly thingamajig) gaan koop by Sara vir nogge shieling
– uitgesort.
Nou daai’s net om julle die
idea te gee van hoeveel ‘n five rand was – probably soos ‘n nifty of ‘n
kliepa is these days.(Y’all mos know what is mos ‘n nifty and a
kliepa?). Om ‘n lang storie kort te maak – ons is klaar geswem, magte
rooi van die pênsies, so een of twee slice, sho! Hoe gaan ek slaaise
spel? So one or two slices of achar bread in the stomach man.
Maar
nou, the day isn’t quite complete without what we refer to as BIFF. I
have know idea why they call it a BIFF, all I know is that it tastes
nca. German cut bread, just right for the four of us boksembende
motherfu^kers. Chips, polony if we could afford it (the small ones –
not the big ones) masala like a motherfu^ker, and we was good to go!!
Nou
ons het mos onse outfits uitgetrek, en indie kitbags gesit, en toe loop
ons nog huistoe om nou te gaan change want ons kan mos nou nie so
asvaal(ashy) shops toe gaan nie. Ek haal die five rand uit die kitbag
uit, en sit dit so in my koshie, laat die halfte van dit uithang en die
halfte van dit in getuck is, en ons loop maar huistoe en praat
boksembende kak.
Ek kan nca onthou, dit was ‘n Saturday – my tannie vra nog of ons nca geswem ‘it en alles.
“Ja nee alles is nca ma.”
‘Waantoe gaan julle nou ?’
“Ons gaan winkel……”
Ek kyk mos af na my koshie toe – die five rand is missing.
Kyk in die koshie – fokol,
Kyk op die grond – fokol
Kyk links – fokol
Kyk regs- fokol
Sh!t – in die kak met my.
Ons
slaan mos ‘n walk terug shop toe, niks boksembende topics nie, almal is
net op ‘n pos – kyk vir die sjeld – maar niks nie. Tot by die winkel –
Fokol. Nou jy ken sometimes – jy sal gaan soek vir ‘n ding by ‘n plek
wat jy ken is nie daar nie, maar net om jouself daai hope te gee om te
sê ‘Maybe ek sal dit kry’ – dan gaan jy maar.
Terug baats toe – Fokol.
Terug huis toe, die party is nou uit, niks BIFF uit vir ons nie want die ander boksembende brigade is luisgatte.
My ma wag mos patiently vir my.
“Het julle die geld gekry?”
“Nee ma.”
Joh
!!! Boksembende gooi hulle uit, die wêreld is skielik ‘n lonely plek,
daai storie van ‘when days are dark, friends are few’ – waarheid
soos ‘n motherfu^ker. Is nou net ek, my ma en haa’ slipper. Nou die was
nie jou ordinary pantoffel nie, this motherfu^ker packed a mean punch.
Die ding het ‘n zip gehet – so bo langs. Plus ek is nog lekker kaalgat,
net my koshie aan, rooi oë, patches van blink Vaseline en patches van
van asvaal.
My tannie druk my mos in ‘n hoek om my die waarde van sjeld te leer.
Met elke hou skreeu sy ‘n word uit :-
‘Daai – pah !
Bleddie – pah!
Vyf –pah!
Rand –pah!
Was-pah!
‘n – pah !
hele week – pah ! (at least twee woorde)
se – pah!
Bus fair ! pah !’
En
nog ‘n ander paragraph of so se gebliksemry. Nou die trick is, om gou
te huil, dan breek jy hulle plak. Ek slat mos die
cry-before-the-first-shot-trick, maar hasal – dit werk not ‘n fok daai
dag.
Joh! wat ek mos daa’ klaa’ is – is net blou kolle, hale, rooi strepies, alles wat nie lekke is nie.
Toe word ek nog in ‘n bad gedruk, ‘n paar extra shut-the-fu^k-up, klappe gegee, en ek is voor fukken sunset in die kooi.
Op ‘n fukken vroëe ouderdom is ek die waarde van ‘n hard earned dollar geleer.
Needless to say, ek het nog nevva, evva, wee’ ooit geld ve’loor in my hele lewe nie.
Nou is die nie HARD KNOCK is nie, dan weet ek nie.

