He was regularly reminding the audience, as he also emphasised in our conversation after the show: "Die taal moet sense maak" and indeed the show was a constant stimulation of the senses for the audience who packed the Artscape despite the cold and rainy weather.

Reg van die begin af hou dit jou aandag en jou sintuie besig... Baie besig!
Jou ogies dwaal heeltyd tussen wie-ever optree, die graffiti kunstenaar Mak1One wat heeltyd besig is om te spray aan 'n artwork, die tattoo-artist Bradley Kanasashi wie se masjientjie buzz op 'n naamgenoot van hom se bo-arm, met 'n kamera wat op 'n massiewe screen vir ons heeltyd up-to-date hou van die tattoo se progress, die band Take Note, al die medekunstenaars en dan die stunning graphics en cartoons wat met perfect timing op die skerm agter op die verhoog flits.

"Jy moet al jou sintuie kan prikkel met die gebruik van jou moedertaal. Hoor, sien, voel, ruik en proe, en dan moet dit natuurlik ook sinvol wees"
Ja selfs proe! Ek kon amper lieg en vir julle vertel dat daar na die show 'n five-course buffet ge-serve was, maar soos Besem sou sê, as ek my lippe aflek, sal ek seker die nonsens kan proe wat ek so praat.

'n Taal wat aanhoudend groei kan mos nie onderdruk word nie. Dis wat ons hier by bruinou.com ook dink.
“Die belangrikheid daarvan dat daar hedendaags al meer woorde uit dialekte van Afrikaans, veral uit wat alombekend staan as Kaaps, Kaape Afrikaans of Afrikaaps, in gesaghebbende woordeboeke soos die HAT en WAT opgevat word kan geensins onderskat word nie.” Daai is 'n gedeeltelikke opsomming van HemelBesem se inleiding wanneer die Afrikaansvatter show op dreef kom.

Nou staan die ou mos daa' oppie stage en vertel ôs hoe hy van kleins af woorde opgaar asof 'it skatte is.
Hy vertel ôs oek hoe hy daai woorde koester en gereeld uithaal om te gebruik of net om te wonne oorrit en om te bewonder.
Hy verdwyn dan agte' 'n screen en kom wraggies met 'n ou skatkis, ja 'n regte treasure chest nes daai goed in Pirates of The Carribean aangesleep.
Die Afrikaansvatter wys vir ons sy skatkis, sy eie 'Woordeskatkis'.

Daai move was hilarious want mens wiet mos toe noggie daai tyd hoeveel van die besigheid nou 'n lecture, 'n play, stand-up comedy, ‘n cabaret of 'n Hip Hop show issie en dinge raak toe somma gou warm oek, want die ou haal sy eerste voorwerp uit sy woordeskatkis en die audience breek hulle van die lag.
Dis 'n pienk bra!
Ja daai kledingstuk wat vrouens dra om hul borste in verborgenheid te hou. Hy maak hulle gou so bietjie still met sy uitbreiding. Dit begin van kleins af. 'n Mens se eerste voeding kom tog uit 'n vrou se borste uit. Hy brei nog somma ver uit en gaan verskillende paaie af, al aan met die bra in sy hand en gaan draai daa' waa' 'n man, as hy nou vrou vat, hulle mekaar moet ondersteun nes daai bra van haar, haar bates ondersteun, en dan volgens ou HemelBesem moet 'n vrou dan natuurlik 'n man se 'bra' oek wies want 'n verhouding tussen man en vrou moet mos 'n ware vrienskap oek wies.

The audience is taken on a tour with every item he pulls from his treasure chest, and from whatever the item originally is, he forms word associations and a story grows around it which invariably leads to a short skit or a full-blown performance of a song or poem by either HemelBesem himself, or one of his guest artists performing solo or alongside him.

Anything from a lamb chop, which somehow ended up tossed into the audience and caught by Jerome Rex, an artist we will feature on these pages in the near future, to a hammer which led to Besem talking about a bang sound which in Afrikaans could be interpreted as a 'doef geluid'.
That was followed by a unique rendition of Hemel singing his ‘Doef Doef Skiet’ accompanied by Babette Viljoen on accordion.
The song based on Nancy Sinatra's Bang Bang (see the word play on the hammer?) espouses the wonders of the casette tapes and radios many younger folks might not even know of today and of course the Doef Doef was that awesome sound of the bass he loved to turn up really loud.

Daar kom ook toe somma soe 'n lekke groot ronne bol uit en dan gaan die ou so van kleintyd se eerste kennismaking wat 'n laaitie het met hom favourite toy, tot wanne hy nou eendag vrou vat en dan is sy mos hom skattebol, wat hy nie eintlik mee moet toy nie.
Hy kom dan daar uit waar hy sy dogtertjie se ontsteltenis oor watookal dit is, beskryf en dan is sy mos vies, boos en heelwat soos 'n... ja, sy was bollawange en die next number is somma dan exactly daai... Bollawange!
Die gepaardgaande cartoon en graphics is awesome en daar is mos min mense wat nie al 'n hartseer-stout klein meisiekind sien huil het nie en ja, jy kan mos nie stry nie; Daai trane maak jou hartjie sag.

Ek gaan nie nog veel verder uitwei oor die individual stories uit die woordeskatkis nie maar elke performance van HemelBesem en sy gaskunstenaars was puik en elkeen van daai artists is awesome in hul eie reg.

Picture courtesy of Shihaam Domingo & YOMADie gedig deur Die Hooflig ook bekend as Rhyme Author het reeds vroeg in die show die toon gestel toe hy vra, "Hoe ver moet 'n vers gaan voordat dit vervaardig word?" en dan eindig met die stelling, "Dis hoe ver 'n vers gaan voordat dit vervaardig word". Dit gaan oor die slyp van jou talent en die slyp van jou kuns en dit het ‘n staande aplous ontlok.
Daar was ook 'n lekker vertoning deur YOMA en ek weet nou nog nie of die ou langs my se tong gehang het vir haar rymklets skills nie en of hy nie daai bene en daai outfit van haar verby sy hart kon kry nie.
Hoewel sy dit nie by hierdie show opgevoer het nie, het YOMA onlangs die liedjie ‘Crazy Tye’ waarop HemelBesem sy sangstem verleen uitgereik. Julle kan haar Facebook page volg dan kry julle hom somma mahala verniet.

Die Hip Hop kunstenaar Linkris wat tot dusver hierdie jaar deel was van drie van die Skeireiland se grootste Hip Hop shows, insluitende 'n optrede saam die legendariese Prophets of da City, het met begeleiding van Babette Viljoen se trekklavier en Gareth Harvey se saxofoon sy gedig "Omdat ek Kullid is" opgevoer en dit het groot byval gevind met die gehoor wat grootendeels uit Bruinmense bestaan het.
Daar was ook heelwat mense uit ander bevolkingsgroepe en ek sou dink dat as hulle nie vantevore die dinamika van op die Cape Flats grootword verstaan het nie, dan sal hulle nou. Kyk uit vir hiedie ou. Hy gaan nog groot dinge doen.

So deur die loop van HemelBesem se gesels en grappe met die gehoor het hy vertel van hoe mens met 'n bekende liedie uitgevang kan word as dit op 'n onbekende wyse gespeel word.
Babette gaan sit toe agter daai klavier en begin 'n roerende Afrikaanse balade sing, haar klavierspel is vrek mooi, en dan as sy daai laaste draai van die eerste vers vat, dan val dit my en die meerderheid van die gehoor eers by dat dit al die tyd ou Gerhard Steyn se Baby Tjoklits is! Natuurlik van daar af toe sing almal saam.

Die sanger Meli Grey wat ook op HemelBesem se huidige CD verskyn, het sy kenmerkende stem bygedra tot 'n hele paar van HemelBesem se items vir die aand, maar wat blywend sal wees is toe HemelBesem iets 'n uit 'n persoonlikke ondervinding tussen hom en Linkris vertel het en dan saam Meli Grey die program afsluit met die liedjie "Die Lewe is Mooi" wat ook die laaste snit op HemelBesem se CD is.
Die graffiti-stuk en die tattoo maak toe ook albei presies op tyd klaar nes die show aan 'n einde kom en die ouens se artworks groet ons met die alombekende eg Afrikaapse "Aweh".
Die Afrikaansvatter het heelwat meer gelewer as wat dit beloof het en dit het groot geselskap ontlok in die voorportaal na die vertonong. Bekende Hip Hop kunstenaar Remy E van Eersterivier was veral beindruk met hoe ons almal aan die show kon relate.
"Daai was rêrag ek. Daai was rêrag djy. Daai was rêrag Kullid"

Well-known in Hip Hop circles for promoting the culture wherever he goes and who along with Jaques de Villiers and others is one of the organisers of an annual park jam in in his hometown of Paarl, Juilanau Rhaman probably summed it up best for all the Hip Hop artists who are currently working on shows or who are planning any for the future when he said "The bar has been set."

The bar has indeed been set very high and in his chat with bruinou.com after the show, we only really had one big question for HemelBesem and that was...
When will the next Afrikaansvatter hit the stage and where?
He assured us that with this show he has definitely set new standards for himself and that there are definitely going to be new and even better editions of Die Afrikaansvatter in the not too distant future. He says he would also like to explore the standup comedy element a little more.
This really was the culmination of a lot of hard work and planning but plans are already afoot to take a version of the show to various major festivals with the idea to showcase the diversity of dialects in Afrikaans and to use the show as a tool in promoting the use of Afrikaans across the country.
Who knows... There could someday soon be an Afrikaansvatter national tour en julle hoef maar net bruinou.com dop te hou vir die details.
Sodra ons weet, dan weet julle mos ook!!!

OK en laastens... As djy nou noggie vi' HemelBesem kennie...Then YMCMBesem hie onne innie video.
Nee daai het niks met daai geniepsige Klein Wayne uittewaai nie.
Dit staan vir You Must Come Meet Besem!!!