Ek gaan nie stry nie...  Aan die begin was ons ook maar skepties en versigtig en ja...
Vandat ons hier by Bruinou.com insae het by die kykNET Ghoema musiektoekennings se Hip Hop kategorie was daar maar nog altyd baie van ons in die Hip-Hop-gemeenskap wat die hele saak en die organiseerders se motiewe bevraagteken en skepties aanskou het...
In hierdie artikel pak ons so 'n paar kwelpunte aan en hopelik kan ons aan belangstelendes so 'n bietjie insig gee.




Daar is natuurlik nog groter vrae omtrent die beoordelings-metodiek. Vanselfsprekend is daar mense wat wil sweer daar word gekonkel.
Ons kan met volle vertroue sê dit is nie so nie.
Die beoordeling is eintlik baie objektief en daar word meer hieroor verder na onder uitgebrei.

 

Ja en dan met ons land se verlede inaggeneem en selfs met huidige omstandighede ook na gekyk is ons by Bruinou.com nes 'n klomp van ons mede lede van die Hip Hop gemeenskap natuurlik baie versigting vir die moontlikheid van "cultural appropriation"  want bo alles, en selfs bo die musiek is Hip Hop eerstens mos 'n kultuur, maar...
Hou net in gedagte dat kultuur ook maar nie in 'n vakuum kan floreer nie...  
Ek dink ons almal wil graag hê dat Hip Hop en meer spesifiek Afrikaanse Hip Hop moet groei nie net as iets wat populêr is nie maar weliswaar n markwaarde het sodat ons kunstenaars ekonomiese voordeel uit hul kuns kan trek. 
Dit is hoekom ons ook na die breër Afrikaanse musiekmark sal moet kyk en die kykNET Ghoemas bied geleenthede om daardie mark toetetree. 


Nog 'n Hip Hop Kategorie Kom By

Groot nuus is dat Hip Hop nou nog 'n kategorie bygekry het by die kykNET Ghoemas.
Behalwe Beste Hip Hop Liedjie van Die Jaar is daar ook nou Beste Hip Hop Album van Die Jaa.r 

Hip Hop kunstenaars wie ook voel dat sekere van hul liedies "crossover-appeal' het in ander genres mag natuurlik ook afsonderlik hul liedies inskryf in daardie spesifieke ander genres solank dit aan daardie genres se reëls en vereistes voldoen.

 

Inskrywings het reeds 1 November geopen en sluit op 30 November.
Slegs Liedjies en Albums wat tussen 1 Januarie 2018 en 31 Desember 2018 uitgeryk was of nog uitgeryk gaan word kom in aanmerking vir inskrywing.
So as jou liedies of Album reeds klaar is en dit aan die voleistes voldoen en jy nog van plan is om hulle hierdie uit te ryk dan kan jy nog altyd voor 30 November daardie liedjies of album inskryf.

 

Die twee hoof Hip Hop kategorieë is natuurlik deel van talle kategorieê in die kykNET Ghoemas en moet nie verwar word met ander Hip Hop musiektoekennings wat net oor Hip Hop gaan nie.
Die kykNET Ghoemas beskou nou weliswaar Afrikaanse Hip Hop as 'n deel van die groter Afrikaanse musiekbedryf en as 'n afsonderlike genre glo ons nog altyd by Bruinou.com dat dit moet as 'n eweknie met ander Afrikaanse musiek-genres gereken moet word om sodoende herkenning te gee aan Afrikaans Hip Hop kunstenaars wat hul musiekloopbane professioneel beoefen.


Nie Net Die Wenners Wen Nie

Behalwe vir die wenners van die afgelope twee jaar, Early B in 2017 en YOMA in 2018, het die herkenning om net benoem te word vir 'n Hip Hop Ghoema groot deure oopgemaak vir van die ander deelnemers en het dit hul musiekloopbane 'n hupstoot gegee.

Vir hulle was dit die soort groei wat baie van ons beste Afrikaanse Hip Hop kunstenaars verdien maar nie sommer uit die bloute gaan kry nie en dis hoekom ons by Bruinou.com julle aanmoedig om in te skryf en deel te neem.


Daar is ook die geleentheid vir van die deelnemers en nie noodwendig die wenners nie, om op die toekenningsaand om 'n Live Performance te doen voor die gehoor en al kykNet se kykers wat daardie aand ingeskakel is vir die lewendige uitsending.

Daardie fantastiese geleentheid het al vir Jerome Rex (die eerste openings-optrede by die 2017 toekennings) wat toe deur Vito Heyn aangesluit is en later 'n klomp verskillende deelnemers van ander genres om 'n unieke once-in-a-lifetime optrede te doen.
In 2018 het Linkris almal verstom met die optrede van 'n splinternuwe onuitgereikde massive Hip Hop track.

Nie een van hulle drie het toekennings ontvang nie maar hulle was op daai aande groot wenners by die kykNET Ghoemas en hulle het almal nuwe kontakte en/of geleenthede in die musiekbedryf bygekry.
   





Die Ghoemas se Hip Hop Komitee is ook besig met groot toekomsplanne om meer kunstenaars te help om die groter musiekbedryf in te tree as regmatige kunstenaars wat al die klein besonderhede wat die bedryf vereis in plek het.  Dit gaan ons probeer doen deur met gesoute vervaardigers en ander rolspelers in nie net Hip Hop nie maar ook in ander genres samewerking te kry want ons het dit eens... Om Benjamin Voete so half en half aan te haal... 
Jy kannie praat van 'n musiekloopbaan as dit vir almal lyk dit is maar net  vir jou 'n stokperdjie nie...



Dit gaan nie maklik wees nie maar die langtermyn doel is om meer en meer Afrikaans Hip Hop kunstenaars te kry om hulle loopbane professioneel te handhaaf in die breër Afrikaanse musiekbedryf en sodoende regte inkomste uit hul werk kan put.



Dit is dus vir ons goeie nuus dat Hip Hop nou ingelyf is by kykNET Ghoemas om deel te neem op dieseflde vlak as ander genres en dat dit kwalifiseer om in veelvoudige kategorieë ingeskryf en genomineer te word nes al die ander genres, natuurlik met inagneming van soortgelyke reëls wat ook op die ander genres wat ook elk hul hoof-kategorieë het van toepassing is.

 

Kliek hier om die Amptelike Kriteria, Reëls en Regulasies-dokument af te laai.


Kliek hier om die Inskryfvorm af te laai.

Die hoofkategorie vir Hip Hop is nou Beste Hip Hop Liedjie van die Jaar en Beste Hip Hop-album.
Elke Inskrywing vir die Beste Hip Hop Liedjie van Jaar dek ook outomaties die bykomende reg om in te skryf vir sekere ander multi-genre kategorieë soos onder andere Beste Musiekvideo.
Lees meer daaroor op die Ghoemas se webwerf.

 

Hoe Hip Hop Kategorieë by Ghoemas Inpas
Hier is wat die kykNET Ghoemas beheerraad te sê het omtrent die Hip Hop Katgorieë.

Die kykNET Ghoemas 2019 bied 23 kategorieë vir inskrywing aan en dié staan as sogenaamde ‘industrie-toekennings’ bekend.

Dit beteken dat publieke stemme glad nie betrokke is nie en dat kommersiële sukses nie in ag geneem word nie.


Hierdie besluit maak dit moontlik vir nismark-kunstenaars om met insklusiewe kunstenaars met groot kommersiële trefkrag mee te ding vir ‘n gesogte toekenning!

Almal staan nou ‘n kans om erken te word vir hulle werk en bydrae tot die musiekmark...


Dus word daar vir Beste Hip Hop Liedjie van die Jaar en Beste Hip Hop-album slegs die artistieke meriete van die liedjies/albums in ag geneem en word dié kategorieë deur ‘n paneel kundiges beoordeel.


Hierdie beoordelaars word via ‘n demokratiese stemproses deur die Ghoemas se Hip Hop-komitee aangewys en hul het kriteria-riglyne wat streng toegepas moet word.


Die kriteria vir Beste Hip Hop Liedjie van die Jaar (kategorie 12) is:

Artistieke vermoë (Skrywer); Identiteit (Skrywer); Artistieke vermoë (Kunstenaar); Produksiewaarde; Vermaakwaarde.


Die kriteria vir Beste Hip Hop-album (kategorie 23) is:

Artistieke vermoë; Identiteit; Produksiewaarde; Vermaakwaarde; Ontwerp

 

Opskud! 

Daar is nog min tyd oor om in te skryf en kunstenaars, hul vervaardigers, bestuurders en platemaatskapye word versoek om so gou as moontlik hul inskrywings vir die kykNET Ghoemas 2019 af te handel.

 


Wie is die Ghoemas Hip Hop Komitee?

Eerstens is die komitee-lede nie noodwendig almal beoordelaars nie. Hulle besluit wel elke jaar wie die beoordelaars gaan wees.
Sonder om almal se name te noem kan ons met groot vertroue sê dat die mense wat op die komitee dien dit vrywillig doen en dat hulle bekende en aktiewe lede van die Afrikaanse Hip Hop gemeenskap is. Die rede hoekom ons nie hul name noem nie is eenvoudig... Dis omdat ons nie hulle of vir kykNET Ghoemas toestemming gevra het of ons hulle mag noem nie.

 

Ek kan wel sê dat ek Ryan Swano as'n lid van die Hip Hop Gemeenskap en as 'n DJ verteenwoordig gesamentlik Bruinou.com as media redakteur, Best of eKapa Hip Hop (NPO) direkteur en die Fifth Element Live maatskappy as hoof uitvoerende beampte op die Hip Hop komitee.
Meer belangriker verteenwoordig ek almal met wie ek te doene het in die Afrikaanse Hip Hop gemeenskap en ek probeer om een en elkeen met wie ek gesels en debateer oor Hip Hop musiek se plek in die musiekbedryf se insette in ag te neem en voort te dra by die kykNET Ghoemas.

 

Ek kan ook met volle vetroue sê dat al my kolegas op die Hip Hop komitee die belange van Afrikaanse Hip Hop sterk op die hart dra en hoewel ons nie altyd oor alles kan saamstem nie dra elkeen van hulle hul beste by om die stand van Afrikaanse Hip Hop in die breêr Afrikaanse musiekbedryf te bevorder.

 

Daar is tans 12 lede van die komitee en daar is nie 'n beperking op die getal lede wat die komitee mag het nie. Al woorwaarde is dat 'n benoemde of aansoekende komitee-lid belangrike insae het tot die Afrikaanse Hip Hop musiek genre en/of deel is van die industrie en dan as kontrole moet die Ghoema beheerraad natuurlik instem om die persoon te laat dien as komitee-lid met inagneming van die kykNET Ghoemas se reëls.

 

Alhoewel meeste van die komitee-lede vanuit die groter Wes-Kaap is, natuurlik omdat dit is waar Afrikaanse Hip Hop die grootste byval het, is daar ook komitee-lede uit ander gebiede soos die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Gauteng.
Daar is lede wat deel is van die bedryf as kunstenaars, vervaardigers, Hip Hop radio-aanbieders, en nee... nie net daai een radiostasie in die Kaap nie... asook Hip Hop DJ's en elektroniese media ander as behalwe net Bruinou.com.

 

Wie is die Beoordelaars?
Elke jaar word daar beoordelaars benoem deur die Hip Hop komitee nes by elke ander genre se komitee.
Sodra benoemings vasgestel is mag die wie benoem was of hulself verkiesbaar gestel het nie deel neem in die stemproses nie.
Daar word dan vyf beoordelaars gekies.
Die stem proses word deur ouditeers behartig en dan moet die wie gekies was kennis gee dat hulle wel beoordelaars gaan wees.

 

Vertroulikheidsklousule
Die grrotse bekommernis vir enige kompetisie waar daar onafhanklike beoordeling is, is dat beoordelaars deur deelnemers beinvloed kan word. Dit is hoekom daar alles in die Ghoemas se vermoeë gedoen word om dit te verhoed.
Beoordelaars teken dadelik 'n vertroulikheidsklousule of 'Confidentiality Clause' soos dit alombekend staan.
Beoordelaars en komiteelede mag niemand in kennis stel wie die beoordelaars is nie. Dit is om knoeiery te verhoed.
Beoordelaars mag ook nie hul punte-toekennings aan mekaar of enigeen anders bekend stel nie.
Die punte wat beoordelaars toeken aan liedies en albums word deur auditeers saamgevat en dan word die aan die kykNET Ghoemas Beheerligaam weergegee.
Die beoordelaars mag net bekendgestel word nadat die toekennings plaasgevind het. Alle ander inligting bly egter nogsteeds vertroulik.

 

Ons wil dit beklemtoon dat as iemand met die uitslae ontevrede is dan mag hulle volgens en binne die perke van spesifieke riglyne en reëls aansoek doen om toegang te kry aan die ouditeeringsproses. Dit is nie toeganklik vir elkeen net omdat hulle nuuskierig is nie maar daar moet volgens riglyne en reëls aansoek gedoen word vir toegang.

 

Nou woorvoor stem die publiek nou eintlik?

Die Kategorie Kunstenaar van die Jaar is oop vir Alle Genres en dit is waar die Publiek se stemme tel en dit is ook waarvoor Hip Hop kunstenaars wie die afgelope twee jaardeelgeneem het julle vra om te stem.
Natuurlik oorheers kunstenaars in die ander Afrikaanse genres op die oomblik daardie kategorie, maar as ons Afrikaanse Hip Hop wil laat groei en sy regmatige plek in die Afrikaanse-musiekbedryf wil laat volstaan moet ons ook ons kunstenaars in daardie opsig ondersteun met ons stemme en dalk binnekort kan ons as Hip Hop ook 'n regmatige wenner in daardie kategorie het.

 

 

Voorspoed aan Deelnemers
Ons hoop regtig dat hiedie artikel lig sal werp op dit wat baie van ons Afrikaans Hip Hop kunstenaars dink 'n duistere avêrre is en dat die wie nie nou reg is ome deel te neem nie dit in die toekoms sal sien as 'n goeie stap om die breër Afrikaanse-musiekmark te betreë.
Vir die van julle wie Afrikaanse Hip Hop wil bevorder vra ons dat julle die deelnemers ondersteun want dit gaan nog virewig swaar gaan met die meerderheid Afrikaanse Hip Hop kunstenaars as al wat ons doen is om Hip Hop musiek net onder onself in 'n klein 'bubble' wil beoefen en dit nie laat deurdring tot die breër Afrikaanse-musiekbedryf nie.

Voorspoed aan almal wie alreeds ingesryf het en vir die wat nog daaroor dink... Min dae eksê...




Kriteria

Hiervolgens Hoe Punte in die twee Hip Hop Kategorieë Toegeken Word.


HIP HOP LIEDIE VAN DIE JAAR

ARTISTIEKE VERMOË - t.o.v. Skrywer(s) - punt uit 10

ARTISTIEKE VERMOË - t.o.v. Kunstenaar(s) - punt uit 10

IDENTITEIT - t.o.v. Skrywer(s) - punt uit 10

PRODUKSIEWAARDE - punt uit 10

VERMAAKWAARDE - punt uit 10


Die Kommersiële sukses 'n van liedjie vorm nie deel van die kriteria nie!

ARTISTIEKE VERMOË: Skrywer(s)

1) Maak die liedjieskrywer goeie/suksesvolle liriek- en/of kletsrym-keuses?

* Die woorde 'goeie' en 'goed' en suksesvol moet in hul breedste konteks toegepas word.

2) Skryf die liedjieskywer goeie/suksesvolle melodielyne, akkoord-progressies en is daar treffende ‘hook lines’?

3) Is die liedjieskrywer se sin vir struktuur-keuses goed/suksesvol?

ARTISTIEKE VERMOË: Kunstenaar(s)

1) Hoe suksesvol vertolk die kunstenaar (indien van toepassing, pluk dit hartsnare)?

2) Algemene stemtegniek, stemkwaliteit (mooi was nog nooit lelik nie) en/of kletsrym-vermoë?

IDENTITEIT: Skrywer(s)

1) Het die liedjieskrywer 'n interne identiteit - 'n sterk en unieke "ID" of dan skryf-persoonlikheid?

2) As jy jou oë toemaak, is die klank van die liedjie spesifiek en herkenbaar?

PRODUKSIE-WAARDE:

1) Is die vervaardiging goed (opname/s, meng, meester ens...)?

2) Het die vervaardiger goeie verwerkings-keuses gemaak?

VERMAAKWAARDE:

1) Het die liedjie sy teikenmark tevrede gestel?

HIP HOP ALBUM VAN DIE JAAR


ARTISTIEKE VERMOË - punt uit 15

IDENTITEIT - punt uit 10

PRODUKSIEWAARDE - punt uit 10

VERMAAKWAARDE - punt uit 10

ONTWERP - punt uit 5

dIE Kommersiële sukses van DIE album vorm nie deel van die kriteria nie!

ARTISTIEKE VERMOË:

1) Hoe suksesvol vertolk die kunstenaar (indien van toepassing, pluk dit hartsnare)?

2) Algemene stemtegniek, stemkwaliteit (mooi was nog nooit lelik nie) of dan instrument-vaardigheid of kletsrymvermoë?

IDENTITEIT:

1) Het die kunstenaar 'n interne identiteit - 'n sterk en unieke "ID" of dan stem- of speel-persoonlikheid?

2) As jy jou oë toemaak, is die klank van die album spesifiek en herkenbaar?

PRODUKSIE-WAARDE:

1) Is die vervaardiging goed (opname/s meng, meester ens...)?

2) Het die vervaardiger goeie verwerkings-keuses gemaak?

VERMAAKWAARDE:

1) Is die album suksesvol verpak om die maksimum vermaak aan sy teikenmark te verskaf?

2) Is die speellys goed saamgestel?

ONTWERP:

1) Pas die grafiese ontwerp van die album by die materiaal?

2) Is die algemene ontwerp van die album in sy geheel suksesvol en weldeurdag?

 

Kliek hier om die Amptelike Kriteria, Reëls en Regulasies-dokument af te laai.


Kliek hier om die Inskryfvorm af te laai. 

 

As julle enige julle enige ander punte het wat julle met my wil gesels oor die kykNET Ghoemas of voorstele het wat ek in die toekoms kan voortdra aan die komitee, stuur my 'n boodskap op my Fifth Element Live Facebook Blad en ons kan daarvaandaan verder gesels. ,