Nou as jy as dink jy't 'n ideë van wat om te verwag wanneer jy na 'n album luister wat as te ware 'n chronicle is van die pregnant kunstenaar se nege maande verwagting tot en met die geboorte van haar baba, suggest ek nou al dat jy jou preconceived ideas somma met die baby se badwater uitgooi, maar...
 
Voor ek by die actual musiek uitkom gaan ek sommer uit die staanspoor uit bieg...
 
 
Ek is altyd impressed met YOMA se lyrics, haar wordplay en die concepts wat sy mee vorendag kom even op die tracks wat nie so lekker aan my vat nie en daai tracks is wat ek oor moet bieg...
Vir my persoonlik is 'n sekere paar van haar tracks oor die afgelope paar jaar nie altyd maklik om 'n paar keer oor te luister nie selfs al het ek wel 'n hoë agting vir daai tracks, want ek prefer om haar op 'n slamming beat te hoor want dan kom sekere nuances in haar stemtoongebruik na vore.
Daai is maar nou eenmaals hoe my personal preferences werk, so I expected that at least two or three tracks on the album might not sit all that well with me for repeated listening, and that is usually par for the course for almost any album of any genre one listens to, but let's not get too far ahead of ourselves...
 

 
Wat vir YOMA besonders maak is dat sy kaanse waag met soundscapes en daai is exactly wat baanbrekers doen. Baanbrekers waag kanse.
Die hele premise van die album is baanbreker stuff en omdat ek weet dat sy en haar man Hemelbesem 'n gedugte musiekspan is wat 'n hoë premium stel op produksiekwaliteit was ek dus van een verwagting verseker; Briljante klankgehalte.
Gepraat van kaanse waag en kanse vat; hulle het mos hoekal die dinamiese Hip-Hop-teaterstuk Afrikaansvatter van so 'n paar jaar terug op hul kerfstok en met al YOMA se ander musiek-projekte tussenin is dit amper verbasend dat Moedertaal eintlik haar debuut-album is. Die hele album is geskryf en opgeneem tydens haar swangerskap wat die laaste nege maande van 2017 geduur het.
 
 
As 'n pa weet ek daai nege maande is lank en moeilik, en van 'n man se point of view af moet ons ook maar versigtig wees om te wil fathom wat 'n vrou deurgaan in pregnancy. So al is jy as pa miskien heeltyd daar deur die pregnancy, moet jy nie jou staan en verbeel jy weet wat aangaan nie.
Ek het toe maar besluit ek gaan my ook nie verbeel ek weet hoe die album werk nie...
 
 
 
Ek het Moedertaal die eerste keer in die agtergrond aangesit terwyl ek besig was om aan iets te werk wat so bietjie konsentrasie verg. Dis my snaakse manier om aanklank te probeer vind met die overall sound van 'n album voor ek met 'n tweede of derde luister my oortjies beginne spits vir die details.
So nes 'n vrou se maagie grooi en 'n groot pens word wat dan aan die einde nuwe lewe skenk, so het die album se overall sound ook'n tiepe van groei getoon. Die sound het ook dips en rises in mood gehad en Ja... Daar was ook op eerste hoorslag 'n sprinkeling van daai tiepe not-so-easy-on-my-ear YOMA sound maar toe besef ek iets... Pregnant vroumense se moods dip en rise mos so met extreme levels en toe vind ek uit hoe goed daai once in a while sound van haar wat ek moeilik vind om aaneen te luister eintlik van daai emotions wat ons mans nooit reg sal verstaan nie baie goed weergee.
 
 
 
Die intro op Moedertaal is 'n actual recording van YOMA en Hemelbesem, oftewel Claudia en Simon Witbooi, se eerste hoor van hul ongebore babatjie se hartklop op die sonar en enige ma en pa wat dit al gesien en gehoor het vir een van hul eie kinders gaan nie kan stry dat dit 'n blêrrie oulike intro vir die album is nie.
 
 
 
 
 
"Tsunami" wat die musiek afskop op die album is altogether real en vroeg op die album is daar, net soos wat ek met my pa-wordens opgelet het, ook vroeg in 'n pregnancy 'n soort van almost tangible excitement mixed with a heavy dose of fear of the future en 'n see vol werklike probleme, maar ek ondervind die track as 'n stelling van vasberadenheid.
 
 
Daai staccato string sound regdeur "Hoogtepunt" gee 'n amper whimsical indruk van emosies en gedagtes wat heeltyd op hol is net soos YOMA dit beskryf in haar lirieke en dan is Whaden Johannes se sang vir my amper soos 'n beaaming en reassurance dat al daai turmoil in 'n hoogtepunt gaan omskep.
Ja, al wat ons mans in daai tyd kan doen is om onvoorwaardelike steun te bied en seker te maak ons dra nie nog by tot haar instuimige gevoelens nie.
 
 
En so begin die album dan regtig shape te vat nes daai ronde maag wat groei en groei...
Daar is definitief groot sorg geplaas om kunstenaars vir collaborations reg te kies en dis nogals snaaks dat ek nou eers terwyl ek die sin begin tik het besef het dat daar geen vroulike kunstenaars is wat feature op die album nie.
Ek gaan bespiegel en reken dat nog 'n vrou se stem op die album sou 'n afwatering veroorsaak van haar eie dog ook universiële emosies en ervaringe wat YOMA se album veronderstel is om deur te gee.
 
 

Dinge begin al meer intense raak en na die dramatiese klanke van "My Blom" mik my hande onwillekeurig na die volume knop wanneer "My Pens" se beat begin skop en ek draai heelwat harder.
Daai is ook waar die album begin speels en sexy raak en soos sy dit laat blyk, watse man gaan nou lieg en voorgee dat hy nie oplet en dit aantreklik vind as 'n swanger vrou begin straal nie?



Die volume bly dan heelpad hard en die Rock-klanke van "Engele" wat die sang van Jako Meyer en die Rap skills van Die Hooflig feature is eintlik een van my gunsteling tracks op die album en myns insiens sou dit goed op 'n movie soundtrack pas as daar ooit 'n Afrikaanse fliek moet wees oor 'n moeder wat haar dogter uit die kloue van 'n donker onderwêreld moet red.
 
 
 
Soos die meer geharde Hip Hop klanke al sterker deurkom gaan die volume net op en op, en "Wille Kat" wat reeds in November 2017 vrygestel is as 'n single en musiekvideo spog nie net met YOMA se soort rap styl wat ek meer van hou nie, maar die briljante track deur Bevan Moleveld aka Dokte met Cuts en Scratches deur die legendariese DJ Ready D is werklik iets besonders.
 
 
WATCH: YOMA - Wille Kat ft DJ Ready D
{youtube}J3MDSOuE4Bo{/youtube}
 

Op "Oos Wes" draai YOMA nie doekies om met haar herkoms en haar taal nie en sy gee die versekering dat dit is ook wat tot haar kleinding gaan deurdring. Die Indiër-sang van Raj Mohan pas nie per abuis net-net nie, dit werk behoorlik goed en jy sal hoor en verstaan waar daai kerrie spices storie inpas.
 
 
Dan raak dinge sommer heuwig warm en sexy en met regte clever wordplay vanaf YOMA en Hemelbesem beskryf hierdie vooraanstaande Hip-Hop-paartjie images van hoe hul "Kamer Soetraak" en... en...
OK as jy nie daai storie ken van "jy moet die wa op die pad hou" nie, dan ken jy min jokes...
 
 
 
Wat verreweg die soetse liedjie op die album is spog met die immergroen en strelende stem van Coenie de Villiers. Dit gaan oor hoe 'n verwagtende YOMA uitsien na haar kleintjie se eerste woorde en dat die kindjie se "Stukkende Woorde" heelwaarskynlyk die mooiste klanke gaan wees wat sy nog ooit gaan hoor.
 
 
Ek kan dit nogals glo dat die tracks almal rêrig in chronological order opgeneem is want die volgorde maak net deksels goed sin.
Op die laaste track van Moedertaal gee die paartjie die verklaring "En Dit Was Goed" wat dan ook beloftes inhou aan mekaar en hul kleinding.
Heel aan die einde daarvan hoor ons dan ook van die eerste klanke wat hul babatjie maak en daai was net te poenankies.
 
 
Die hele konsep en rede vir die album se bestaan is volgens wat ek weet 'n eerste vir Afrikaanse Hip Hop as dit nie dalk 'n eerste vir Afrikaanse musiek oor die algemeen ook is nie.
My traagheid om sekere spesifieke tracks van YOMA gereeld te luister spook nie meer so erg by my nie want dis darem nou so bietjie met die album weggewaai.
Ja ek het my gunstelinge op Moedertaal maar ek ek vind ook uit dat ek nie graag daai skip knoppie wil druk nie.
Die preludes help vleg ook mooi die hele affêre aanmekaar en dan is daar die "Koffie Breek" waar ek mos hoekal die ideë vandaan gekry het vir die review se title.
 
 
As 'n man het ek eerlikwaar geen benul hoe vroue en spesifiek swanger vroue hierdie album sal ondervind nie, maar ek reken dat enige ou 'n wat reeds 'n pa is of enige ou met 'n swanger vrou in hom lewe die album sal verstaan en geniet en...
As ek 'n vrou gehad het en sy was nou pregnant, so onvoorspeelbaar soos 'n pregnant vrou kan wees en 'n man se goeie bedoelings enigetyd kan backfire, sou ek eintlik daai kans gewaag het om die album vir haar te gee.
 
 
Alhoewel die album oor YOMA se pregnancy gaan is dit ook 'n celebration van haar moedertaal en afsonderlik geluister dra 'n paar van die tracks ook boodskappe wat bo die oorspronklike konsep uitstyg.
"Daar is genoeg sexy, humor, kultuur, slim en mooi in die album, om seker te maak daar is ietsie vir almal" sê hulle in hul persvrystelling en daarmee kan ek ten volle saamstem.

As jy van innovative Afrikaanse musiek hou of as jy een van daai mense is wie nog selde in jou lewe Afrikaanse Hip Hop reg geluister het dan is die album een wat jou horison sal uit brei.
As jy 'n Hip-Hop-kop is maar nie juis 'n groot fan van YOMA is nie, leen dit ten minste 'n oor. Dalk oorskry dit jou verwagtinge.
As jy reeds 'n YOMA fan is en jy het nog nie die album nie... Wat op aarde wag jy voor?
 
 
YOMA se debuut album MOEDERTAAL is al reeds op MOEDERTAALDAG 21 Februarie 2018 bekendgestel.
Hul babadogterjie Engel... Ja dis regtig haar naam wat in haar Moedertaal gegee is... is op 19 Desember 2017 gebore en hulle het aan die begin vir eers die geboorte stilgehou sodat hulle in privaatheid die eerste paar weke saam hul kleinding kon geniet.
Engel is YOMA en Hemelbesem se eersteling en dan het Hemelbesem ook twee dogters uit 'n vorige verhouding.
Ons by Bruinou.com wens hulle weereens baie geluk en voorspoed toe.
 
 

Moedertaal is reeds vanaf 21 Februarie op alle digitale platforms beskikbaar, en is ook nou fisies beskikbaar.
KRY/LUISTER ALBUM HIER---> http://store.cdbaby.com/cd/yoma2 OF ENIGE ANDER DIGITALE PLATFORM
Vir enige navrae, bookings, of om die album self te bestel, kontak hulle gerus by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of whatsapp by 0782465799
 

WhatsApp / Email
0782465799 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Website / Social Media
www.besembos.co.za
Twitter: @YomaisAfrikaans
Facebook - www.facebook.com/yoma
instagram - @claudiawitbooi