Benjiman Voete  en Frazer Barry se Tribal Echo is sedert die begin van hul musikale vennootskap, drie jaar gelede uiteindelik gereed om van die KlipKopRock klanke vry te laat en ons het hul nuutste uitreiking vir julle hier op #BruinouNumberz.

 

Die duo het sedert hul ontmoeting by ‘n Rymklets funksie sowat vier jaar gelede,  hard agter die skerms gewerk om Benjiman Voete se debuut album die lig te laat sien. Die Album se naam is voorlopig, Klipkoprock: Die Kronieke van ‘n Voetsoldaat. Die algemene produksie steun swaar op “live” instrumentation met Frazer (Produksie / Tribal Echo)  se ervaring in die musiek produksies vir groot plaaslike teater en internasionale teater wat Benjiman Voete se liriese plofkrag goed ondersteun.


 
Volgens Frazer was dit Benji se  treffende eerlike  lirieke, sy energie op die verhoog en sy rou krakerige stemtoon wat aanleiding gegee het tot hul musikale vennootskap. Tesame met Frazer se ervaring, musikale vermoeë en fyn aanvoeling vir Rymklets as ‘n genre, is die konsep vir KlipKopRock gebore.

 

Stokperdjie is dus die eerste amptelike single van die komende album en feature Tribal Echo se J.L asook Frazer se alter-ego, Die Rymkletstroebadoer. In Benjiman Voete se eie woorde “ Baie quit want hy word nie opgemerk nie. Draai om en sê die pyn was nie die moeite werd nie.  Vir hom was HipHop net ‘n stokperdjie, maar Benjiman Voete het nog nooit ophou werk nie.”

 

Jy kan die single gratis kry op #BruinouNumberz


Kliek hier om Stokperdjie te Download


Check ook #BruinouTV se Urban & Hip Hop Channel vir ouer videos van Benjamin Voete

 

Jy kan ook meer lees oor Tribal Echo se involvement met die fantastiese 'Die Riel van Hip Hop' produksie in ons artiekel in die link hieronder.

Die Riel van Hip Hop is For Real