Die Benoemings van die finaliste in die Ghoema 2017 Beste Hip Hop Liedjie Kategorie is aangekondig en nou jan jy stem vir jou gunsteling uit die vyf liedjies wat benoem was.
Veels Geluk aan Early B, Hemel Besem, Jerome Rex en Linkris met hul benoemings as die Ghoema 2017 Finaliste in die Beste Hip Hop Liedjie Van Die Jaar Kategorie.

 

Hierdie is die eerste jaar wat die Hip Hop Katergorie aangebied word by die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings en Jy kan nou ook ook bydra tot jou gunsteling kunstenaar se kanse om te wen deur aan hulle jou steun te toon met 'n SMS stem. Ja man, stem soos in Vote!



Vind jou gunsteling se stemkode onder op die kategorie-lys.
SMS soveel keer as wat jy wil.
Elke SMS kos R2.00.



Die Finaliste vir Beste Hip Hop Liedjie is soos volg in geen besonderse volgorde:

JEROME REX - FYNSKRIF - SMS PM12 na 39953
EARLY B - BENE LAM - SMS PM5 na 39953
LINKRIS - GAME CHANGE GAZI - SMS PM17 na 39953
HEMELBESEM - NOEM MY SKOLLIE - SMS PM9 na 39953
EARLY B - CEREBELLUM - SMS PM5 na 39953




Bruinou.com wil graag aan die beoordelaars van die Hip Hop kategorie dankie sê vir hul harde werk gedurende die beoordeling en ook aan die Ghoema-bestuurspan wie se vertroue in die beoordeelaars welgeplaas is.
Deon Daniels aka DJ Ready D, Emile Jansen aka Emile YX?, Shameema Williams aka Shame van die legendariese groep Godessa en Ryan Swano het hul goed van hul taak gekwyt om noukeurig en objektief na almal die liedjies te luister sonder om hul persoonlike voorkeure te bevoordeel. Daar was redelik baie inskrywings en die beoordeling is nie iets wat jy gou-gou in een middagsessie kan afstof nie.
Dan is daar Shihaam Domingo wie nou op die Ghoema Toekennings se beheerliggaam dien en hoewel ons weet dat sy baie beskeie is oor haar rol, wil ons haar graag dankie sê dat sy die wiele aan die rol gekry het om hierdie kategorie 'n werklikheid te maak.



Ons wil ook baie graag 'n groot dankie sê aan Arthur Price en die ouens van Rymklets Republiek vir hul allemintige groot bydrae tot die verspreiding van 'independent' Afrikaanse Hip Hop Kunstenaars se musiek.
Dit is noemenswaardig dat nie net die finaliste nie, maar ook amper al die kunstenaars wat ingeskryf het vir hierdie kategorie elkeen of musiek het wat hulle deur Rymklets Republiek versprei of dat hulle 'feature' op tracks wat deur Rymklets Republiek versprei word.
Rymklets Republiek se ywer en bydrae tot die genre mag dus nooit toegelaat word om ongesiens te gaan nie.



Dan is daar natuurlik ook die DJ's wat by events, in hul sets en op radiostasies Afrikaanse Hip Hop musiek speel.
Bykomend tot daai is dit die manne en vroue van die Hip Hop gemeenskap wie parkjams en ander events reël waar ons Afrikaanse Hip Hop kunstenaars hul staal wys op verhoë diep in die gemeenskappe waarvandaan meeste van hulle afkomstig is.
Ons moet ook nie vir julle wie die kunstenaars ondersteun deur hul musiek te koop en deur kaartjies te koop vir hulle shows vergeet nie.
Dis net met julle ondersteuning wat ons Hip Hop kunstenaars kan vorder tot 'n vlak waar hulle voltyds in die vermaak bedryf kan werk en 'n goeie lewe daaruit maak.



Graag wil ons ook vir DSTV kykNET bedank wat die inskrywingsfooie vir hierdie jaar se Hip Hop Liedjie van Die Jaar kategorie geborg het nadat ons hulle in 'n voorlegging bewus gemaak het dat die ekonomie rondom Afrikaanse Hip Hop musiek nog vergelykend klein en stadig-groeiend is en dat van ons beste kunstenaars almal nie eintlik kan bekostig om inskryffooie te betaal nie.



Aan almal ons Afrikaanse Hip Hop Kunstenaars, en veral die wat hul verskeie dialekte met trots soos 'n vaandel dra, wil ons sê dat dis julle vaslegging van die gesproke taal in jul musiek wat die groei en uitbreiding van die Afrikaanse-taal in al sy vorme vir toekomstige generasies verseker.
Om 'n taal te hoor in musiek is net so belangrik as om dit te kan lees in 'n boek.


Laastens... Aan ons Hip Hop kunstenaars wat nie vir die Ghoema 2017 ingeskryf het nie wil ons graag sê dat die doel van hierdie en alle soortgelykke musiektoekennings moet wees om die gehalte van musieklewering uit ons Hip Hop gemeenskap te lig na nuwe hoogtes. Dis die grootse rede waarom ons hier by Bruinou.com hierdie een steun.
Daar is nou 'n maatstaaf gestel deur hierdie jaar se vyf liedjies tussen die vier finaliste en julle doelwit moet wees om hulle te oortref in terme van produksie kwaliteit en jul skryfvernuf.
Keep doing what you are doing but keep trying to do it better.



Weereens, welgedaan aan Jerome Rex, Early B, Hemelbesem en Linkris en voorspoed vir die aand van die toekennings.
Aan die deelnemers wat dit nie tot die finale rondte gehaal het nie... Julle musiek is reeds van 'n goeie gehalte en moet nie laat dit julle weerhou daarvan om volgende keer weer te probeer nie.

Vind jou gunsteling se stemkode verder bo op die kategorie-lys.
SMS soveel keer as wat jy wil.
Elke SMS kos R2.00.

Klik hier om die lyste van benoemdes in ander kategorieë te sien.