In die 1980s was die lewe op die Cape Flats baie lekker. Daar was Klopse practice, tamboernooientjies, padhokkie en selfs voor die TV het almal gewag vir Santa Barbara en Rustelose Jare. So het alles in my ouma se huis hul plek gehad. Ek het baie keer cartoons (Mof en Mat, Wielie Walie, Niekie Piekie en Niklaas) met mal kinders in ons straat gekyk.
En van die mal kinners was seriously bedôrnit.
 
 
Toe baie van hulle ouer word, was hulle Lentegeur of Valkenburg toe gestuur. Ek dink nie hulle was regtig mal nie. Ek dink dit was net "nerves". Maar boere inspekteurs het hulle saam met die onbeskofte en rou kinders na ‘n stoutskool toe gestuur.
 
 
Die stoutskool in die Kaap was in Faure. Stoutskole het eers in die 1990s nuwe, sexy name begin kry. Daar was “Boys Town” en Girls Town”. Innie ouers dae was almal net "Faure boys" of "Faure girls". Maar één ding het ek en daai stoutskool-kinders in gemeen gehad: ons het almal outoriteit wat kak was, verontagsaam.
 
 
Elke Sondag het ek met my kollekte-geld gameshop toe geloop. Ek gaan nooit my geld vir ‘n dominee gee, wat hy kan enjoy – terwyl ek self PacMan kan speel en myself enjoy nie!
Ons dominee se vrou het pop-corn, en wind-chips verkoop. Ek kan onthou, ek was Standerd 3 – toe stuur die tief vir my winkel toe om ‘n groot sak wind-chips (wat fokken groter as ek is!) by die winkel gaan koop. En dit terwyl haar kinners vir Santa Barbara kyk!
 
 
Wind Chips in Iemand se Lounge - Image: Facebook.
Daai dag was ek so fokken embarrassed. Ek, met die moerse sak “Salt and Vinegar-windchips”, in 'n dollie-top innie pad. En al die ouens vi’ wie ek smaak, kyk vi’ my (met die wind chips)! Dit was "my most embarrassing moment", en omdat die mense mens altyd so embarrassed het, het ek besluit om ‘n kursus in therapeutic counselling te doen.
 
 
Maandag moes ek ‘n stout-kind counsel. Volgens sy ma en pa is hulle moeg gesukkel. En die ouma, met haar vuil uitkyk, het ek sommer gevra om een kant te sit ( want ek laat vuilgat bitches hulself socially distance!)
 
 
Die kind is Standerd 9 maar kannie reg lees en skryf nie. Nou leer sy ouma vir hom om Die Bybel te lees want dit het vir haar gehelp wat Standerd 2 uit was! Maar heeltyd sit die klong so in ongemak, asof hy nie genoeg woorde het om homself te kon uit druk nie. Dit het vir my gevoel asof sy afwesigheid van spraak was meestal emosioneel en sterk psigologies. Die klong se trane begin toe loop, en vertel dat hy graag na ‘n FET College toe wou gegaan het, en met sy hande wil werk, maar sy ouers wil hom nie toelaat nie. Al sy vriende is daar en hulle doen goed. Toe die ouma begin praat, toe weet ek sy is 'n fokken pot-stirrer!
 
 
Ek draai toe na sy ouers en vertel hoe sleg hulle is, en hoe sleg hulle grootgemaak is (voor die ouma!). Toe gebruik ek die hele sessie om die pa, die ma en die ouma se betrokkenheid sleg te maak én hulle goéd kak te vertel!
 
 
Dis toe dat ek besef: Vandag se ouers moet ophou kinders se lewe vir hulle beplan. Party kinders is nie akademies aangelê nie, ander is goed met hulle hande (ek kan steeds nie eers my hare reg blowdry nie), ander kan plante laat groei (my plante vrek), ander is goed met lieg en kan blitsvinnig sales doen (ek kan nie). Dan kry jy ander wat NIE wil werk nie, terwyl ander werk soek maar nie kan kry nie.
 
 
Toe skeduleer ek nog twee sessies met die kind. Die ouma sê toe die kind het dit nie nodig nie, hy moet net die Bybel lees. Toe sê ek “Ongelukkig in Suid-Afrika is die Grondwet hoër as jou Bybel. So, mevrou, indien ek hom nie sien nie, sal ek JOU laat opsluit vir emosionele en sielkundige kindermishandeling én aftakeling. En moenie dink daai skollies het soveel respek vir jou, soos wat die leeus vir Daniël gehad het nie". Toe wip ek my neus en ignore die bitch!
 
 
Gister het ek weer ‘n student van UWC gesien. Die student wil haar studies opgee, omdat sy in ‘n groep moet werk, en almal in haar groep werk nie ewe hard nie. En volgens haar lecturer moet hulle in groepe werk. Toe dink toe: " Watter ou 1990s kak is dit van groepwerk. Waarom moet mense in groepe werk in 2022? Almal werk dan alleen vannie huis af. Toe realise ek waarom: UWC is ‘n coloured-skool. Hulle gee nie om of jy van Macassar of Delft of van Mitchells Plain is nie. Die Cape Flats is een groot klas. En volgens hulle lecturers verdien almal op die Cape Flats dieselfde punt!
 
 
Maar dan - tog is UWC ‘n greintjie beter as “The University of Nigeria” (CPUT), soos ons dit op die Cape Flats noem. Dit lyk my dis die enigste varsity in Suid-Afrika waar die hele African Union oppie panel sit, en Nigerians appoint!
 
 
Coloureds deserve genuinely beter innie Kaap. Ons kinders struggle rêrig. Nou raak hulle frustrated met hulle ouers. Selfs ouers weet nie meer watter kant toe nie, en hardloop na hulle ouers toe, en dan daag hulle op voor Kallie Kriel en Afriforum se deur. En om te dink, van almal in Suid-Afrika, het coloureds eintlik die meeste gely. Boere het onder die Anglo-boereoorlog gely: 1880-1902; Swartes sedert 1912 (na die Union of South Africa), en die coloureds, (Jirre man, vanaf 1652 as indigenous people en slawe!). En almal van Mbeki af!
 
 
Maar dan moet mens ook na die positiewe kyk. Na 1994, is lyding ons almal se lot. Ten minste het ons meer opsies: interracial marriages (soos ekke!), emigration (soos Paulo!) – en dan is daar ook SASSA-queues, gays-for-pays, mense wat steeds op “Hello dear”-boodskappe antwoord. En dan Pakistanis en Indians met winkels wat mans en vroue in communities saam stoot!
 
 
Maar - die nadeel is, alles het 'n consequence. Mens sal moet kan besluite maak. Maar daai besluit moet so gewetensvol wees, dat mens tot op jou oudag met jou siel sal moet kan saamleef.