Ons mense is ontsetlik Lief vir Afrikaans, maar ons taal wat ons so liefhet, het ontstaan uit geweld.
Die geboorte van Afrikaans was die dood van ‘n groot getal Khoe en San tale waarvan net ‘n paar nou oorleef en letterlik uit ‘n dreigende dood gered moet word.

Dit was Geweld teen Ons Khoe en San lewens, ons kultuur en ons tale asook geweld teen die lewens, kulture en tale van ons slawe voorouers uit ander Afrika-lande en die Asiatiese lande wat die grondslag gelê het vir die nuwe taal wat Ons Voorouers noodgedwone moes ontwikkel en waarvan ons ook later deur geweld onteien is asof ons geen deel in die ontstaan daarvan het nie.

Foto is deur Denver Lopez verskaf.

Kliek hier om die oorspronklike kennisgewing op die Taalmuseum se webwerf te besigtig.
Die vraag ontstaan nou waarom hierdie maandelikse simbool van geweld by die Taalmonument voortgesit word wanneer 'n mens sou hoop dat daardie monument tot versoening vir Alle Afrikaanssprekendes ingespan sou word insluitende vir die wie dit oorspronklik begin praat het.
Kan daardie simboliese daad wat herinner aan die geweldadige geboorte van ons taal wat op vele maniere die klug van aleen-besit van Afrikaans deur wit Afrikaanses versterk nog toegelaat word om voort te duur?
Of die kanonafvurings opsetlik of onopsetlik aanstoot gee is nie ter sprake nie.
Vir die wie erkenning gee aan die regte geskiedenis van Afrikaans en die gepaardgaande geboortepyne, en veral vir die wie se voorsate die geweldadigheid van kolonialisme moes verduur
wat gelei het tot die ontstaan van Afrikaans, is dit erger as suur-sout op 'n oop wond.

Die taal het ontwikkel omdat ons Khoe en San voorouers se inheemse tale ten alle koste en met groot geweld uitgeroei was ten gunste van Hollands.
Dit is net nadat die Vryburgers geen behae in hul vorige vaderland meer gehad het nie wat hulle uit verset teen Holland ook self Afrikaans begin praat het.

Die eeue-oue volhoude vlaag van inheemse taaluitroei is dan ook in ander vorme voortgesit teen ons as Khoe en San nasate sowel ook ons Nguni broers en susters.
Die verset teen die eensydige besluit in die 1970's om Afrikaans die enigste opvoedingstaal te maak in skole ten koste van ander inheemse tale was ook geweldadig mee afgereken.

Dit is goed en wel dat daar organisasies soos CAOSA is wat die opspoor, restorasie en bewaring van ou kanonne as hul bestaansdoel het, maar sekerlik kan meer sensitiweteit aan die dag gelê word wanneer daar besluit word in watter konteks en waar kanonne afgevuur word.
Die afvuring van kanonne is 'n militêre aangeleentheid en om dit te omskep in 'n publieke simbool wat die ontstaan van Afrkaans vier is 'n voortdurende vorm van massa-sielkundige geweld.

Die feit dat dit as 'n kulturele aangeleentheid gevier word versterk ook die Euro-sentriese en kolonialistiese denkstelsel dat die  geweldadige en onmenslike uitroei van inheemse tale en kulture in Afrika en aloor die wêreld regverdigbaar en self 'nodig' was.

In 'n pleidooi aan die publiek en aan nasate van die Khoe en San  vra kulturele-aktivis Denver Lopez dat diegene wie verstaan hoekom die kanonafvuring aanstootlik is ernstige vertoeë aan die bestuur van die Taalmuseum moet rig.

"Asseblief mense, ek vra dat julle This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. e-posse stuur en sê in watse swak smaak die kanonafvurings is in die lig van hoe ons as Khoesan ons land, ons menslikheid en tale verloor het DEUR KANONNE... 
…en hoe kanonafvurings (in die algemeen) niks opsigteliks te doen het met taal en kultuur nie, maar juis in hierdie konteks 'n aanstootlike simbool is van hoe Afrikaans so wreed en geweldadig op ons afgedwing was."
"Dring aan daarop dat hulle dadelik die kanonafvurings van hulle 'events' kalender moet verwyder en verskoning vra aan Khoesan-afstammelinge."