To some degree we all know what it is to go through the dreaded long month of JanYouWorry but few, if any, have so eloquently described it with poetry before.
Though the poem featured further below has extensively been shared on social media in the past few days, many times without even acknowleging and crediting Bernard Fielies as the original author, we sought to seek his blessing and input before sharing it with our Bruinou.com readers.

Bernard Fielies is oorspronklik van Riversdal en hy is nie sommer enige Johnny-come-lately by die digkuns nie. His book of poetry called "Na die ou Riversdal" (translated: “To the old Riversdale”), was launched to much acclaim at the Ha!Qua Youth Centre Hall as far back as 12 November 2011.

Unfortunately no new copies of 'Na die Ou Riversdal' are currently available but he says he is considering printing a second edition and we have a suspicious hope that he could be working on some new material as well.
Ons hier by Bruinou.com is sommer excited om in die toekems te lees wat nog alles uit hierdie man se pen gaan vloei.

JANUARIE-DROOGTE
'n Gedig deur Bernard Fielies

Hier sit ek nou in Januarie, hoog en droog;
net die "memories" van die "big days" wat my soog...
Ek vroetel in my beursie om 'n noot uit te haal,
maar my "pay" is al op met die "bonus" en al...

Bernard Fielies at a one of his book signings.By die "ATM" vat ek 'n laaste kans,
maar dit deel my mee: "Insufficient funds"...
In Desember was Woolworths en Pick 'n Pay gewild,
maar nou koop ek weer by die huiswinkel opskuld...

Met Edgars en Truworths was ek net behep;
nou "lay buy" ek "Easter" se klere by Pep...
Ek kan die "flat screen" en "deep fridge" nie verder betaal
en ek dink Russells sal dit binnekort kom haal...

In Januarie sonder "airtime" op my "phone";
my koskas is leeg en ek soek nou 'n "loan"...
Ek verlang na Spur se "spare ribs" en "doggy bags",
maar my enigste troos is nou "scramble eggs"...

Met "Moni's" en sjampanje het die "music" geklop,
maar my dors word nou geles met "drink o' pop"...
My tafel was vol en daar was "joy and fun",
nou staan my kragboks se "units" op "zero point one"...

Van "Simba" en "Lays" met hul "different dips",
is ek nou weer terug by my "five-bob chips"...
Soos 'n wafferse rykman alles spandeer,
nou moet ek alleen in my ellende krepeer...

In Desember het ek gekoop en gegee,
"but in January-days all friends disappear..."
Ek besef alte goed wat het ek oorgekom,
maar volgende Desember is ek weer so dom...