Shirmoney Rhoda
Almal wat op die Kaapse Vlakte groot geword het sal verstaan wat ek bedoel as ek sê: “Nee kyk hie vi hare verskrik.” Die uitdrukking “hare verskrik” word vir enige een gebruik wat óf te veel met hul hare speel óf wie dink hul hare maak hulle mooi. Dit kan ook net wees dat die persoon wie sê “jy’s hare verskrik” net plein jaloers of naar is. Maar dat gladde hare ‘n big deal in veral Kaapstad is, is geen geheim nie. Dis ‘n feit soos die bestaan van ‘n GHD. Ek kan hiervan met ondervinding getuig. My ondervinding mag dalk verskil van die volgende persoon s’n, maar ek is seker daar sal hier en daar ooreenkomste wees.

Voor ek kleuterskool toe is, het ek saam my ouma “oumensklub” geloop. Dis nou ons kerk se klub vir bejaardes. Maandag tot Donderdag. Hier sit en doen die bejaardes nou naaldwerk en maak dietjies en datjies. En so nou en dan hou hulle ‘n groot konsert en dan gebruik my ouma sommer al haar kleinkinders as props. Ek kan nie veel van my dae by die klub self onthou nie, maar ek weet dit was grootliks my ouma se werk om my aan te trek en om seker te maak my hare is reg. So jonk soos ek was, het ek dit gehaat dat my ouma my hare moes bewerk. Ek het amper elke keer met kleutertraantjies uitgebars want my ouma het nooit my hare mooi gemaak nie. Om nie eers te praat van die klere wat sy my aangetrek het nie. Mooi was plat en reguit, lelik was hare wat opstaan en paadjies wat skeef getrek is. En my ouma het haar nie aan mooi en lelik gesteur nie. Ek moes maar tjank en klaar kry.

Ek onthou baie vaagweg die eerste keer toe my fyn haartjies “gezoes” (soos my ma dit stel) moes word. Dit was vir my kleuterskool se debutantebal. Dis een van eerste geleenthede (behalwe verjaarsdae) vir mammas om met hulle kinders te spog. Ek het nie veel van my debutantebal verstaan nie, maar ek het geweet ek moet mooi lyk en ek moet smile as hulle foto’s van my neem.

Behalwe die “mooi” wit rokkie met rooi linte en poef arms en wit skoentjies wat ek moes aantrek, moes ek plat tussen my ma se bene sit sodat sy my hare kon indraai. Daarna moes ek buite in die son gaan speel het tot my hare droog geword het. As kind het ek ook geleer, as jy blou rollertjies in jou kop het, moet jy maar binne bly, anders kraak die pad se rou kinders hulself oor jou hare net blou rollers kan vat. Want behalwe die feit dat jou hare glad moet wees moet dit ook lank wees. My ma het daardie dag my hare in sulke dik side locks gemaak toe dit uit die rollers kom. En ek was baie chuffed met my look. Soveel so dat ek daarna sommer Miss South Africa wou word.

By die geboorte van ‘n nuwe baba is hare die eerste ding wat na gekyk word (en waaroor daar later in die strate geskinder word)...
Kliek Hier om die Oorspronklike Artikel op Litnet Verder te Lees.

Kyk ook maar gerus hieronder na ons ander artikels oor al die gedoentes en petaljes met hare:
Kay Smith aka Tarryn of 7de Laan Positively Responds to Hair Memes
Ons het toe sommer Kay se Natural Hair Crusade die #Bossiekop #Kroesade begin noem en sy like dit.

The strand test - how coloured are you?
Bruinou.com lid HoneyBabe1 vertel van al die bohaai oor hare in haar familie.