in

Skool Verdaag Finaal vir Arendsvlei met Seisoen 6

Arendsvlei, Die Gewilde kykNET Telenovela Maak Klaar Met Seisoen 6

Soos die Ingelse sê: ‘All good things come to an end.’
Dit was in die middel van 2018 met die bekendstelling wat ons julle,ons lesers, die heel eerste keer vertel het van Arendvlei. Met daai voorskou van die eerste twee episodes wat ons gesien het kon ons nie glo dat die eerste en enigste eksklusiewe telenovela op kykNET&kie net vir een seisoen beplan was nie.

Met daai voorskou was ons heelwat ingenome met hoe outentiek die karakters was en ek onthou nog goed hoe ek en Wiskunde Juffie opgewonde gesels het oor hoe Sherman Pharo se karakter, die wiskunde-onnie en later onderhoof, ‘Thys Cupido’ hom vak opwindend vir hom leerders gemaak het.
Die hoofkarakters was almal geloofwaardig.
Die skool en die gemeenskap was nie te ver verwyderd vanaf die werklikheid in middelklas Bruin-gemeenskappe nie.
Somehow was ook die villain, Rehane Abrahams se “Wingrid” van Schalkwyk oftewel Ingrid wie ookWendy was, believable selfs wanneer, soos ons almal later sou sien, haar misdade en slinkse planne as net so bietjie te verregaande beskou kan word.

‘Ingrid van Schalkwyk’ gespeel Rehane Abrahams hu valslik die skyn van Godsdienstigheid voor. Foto: Arendsvlei se Instagram

Later in daai eerste seisoen nadat Arendsvlei begin uitsaai het op 1 Oktober 2018 het ons en julle begin wonder hoekom dit nie verewig kan aanhou soos sommige soapies op ander kanale nie. Toe gebeur dit. Daar was toe ‘n tweede seisoen en dit het soos ‘n sepie begin deel word van ons lewens. Dit was so gewild dat na die tweede seisoen het nog vier gevolg.

Nes in ‘n sepie was daar toe ‘n amperse Dallas of 7de Laan back-to-life-moment, but with a twist. Dis toe Oscar Petersen “terugkeer uit die dood” as hom karakter ‘David Abrahams’ se doppelganger met geheueverlies wat natuurlik meer believable was as wat daai resurrections in sepies is.
Nes sommige sepies was daar ook hier en daar ‘n paar totally crazy eksentrieke van-hulle-trollie-af karakters wie too-weird-to-be-true was maar wat ‘n bietjie comedic-relief bygedra het.

Ja Arendslei het op ‘n mate begin word wat ons, die kykers, wou hê dit moet word.
Daarin lê die rede dat die laaste klok moet lui vir Arendsvlei.
Die saak staan so dat Arendvlei is ‘n telenovela en nie ‘n sepie nie.
‘n Einde daaraan moes een of ander tyd kom.

Arendsvlei sal ná afloop van die sesde seisoen, wat tans op die lug is, tot ’n einde kom. Die reeks, wat handel oor die semi-privaat Hoërskool Arendsvlei wat deur die Cupido-familie bestuur word, het op 1 Oktober 2018 sy buiging gemaak en is aanvanklik Maandae tot Woensdae uitgesaai.

Soos genoem, sou Arendsvlei aanvanklik vir slegs een seisoen op die lug gewees het, maar danksy die program se gewildheid onder kykers en twee SAFTA-toekennings vir die eerste seisoen is dit hernu vir ’n tweede seisoen. As gevolg van die voortdurende groei in kykersgetalle is in Oktober 2022 ’n vierde episode per week bygevoeg – ’n buitengewone prestasie vir ’n program in dié genre.

“In 2018 het Arendsvlei ons kykers drie aande per week uitgeboul – dit was die eerste volwaardige Afrikaanse telenovela. Hoewel net een seisoen aanvanklik in die vooruitsig gestel is, was die reeks so ’n sukses dat dit weer en weer hernu is,” sê Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van Premium-kanale.

Arensvlei se oorspronklike rolspelers. Foto verskaf.

Met 3 Safta-toekennings ná ses jaar in die sak, is dit ’n bewys van die harde werk en kreatiwiteit van die produksiespan en talent wat Arendsvlei ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het. Op 11 Januarie 2024 sal die span ’n mylpaal van 1 000 episodes vier.

Arendsvlei is nogsteeds exciting met nuwe karakters wie mettertyd bygekom het en ander wie ‘weggetrek’ het, ‘oorsee’ is of ‘afgestorwe’ is.
Die skool se voortbestaan en natuurlik ook mense se lewens word bedrieg deur die planne van die huidige groot villain ‘Desmond Galant’ gespeel deur Alistair Izobel.
‘Desmond’ is ‘n grootbaas van organised crime en die pa van ‘Gavin Bompie Galant’ gespeel deur Jarrid Geduld en sedert Bompie uit die trnk uit is, is niemand veilig nie.

Die langsblewendste karakters met die meeste episodes agter die blad is natuurlik die kernfamilie van die Cupidos.
Daar is Celeste Matthews Wannenburgh as die matriarg Gertie Cupido, Sherman Pharo as haar seun Thys Cupido en Jolene Martin as  haar dogter Beatrice Cupido-Abrahams.

Dan is daar Crystal-Donna Roberts as Janice Mortlock, voorheen getroud met Thys Cupido, en daar is Jody Abrahams as Lionel Foster, Janice se huidige man.

Nouwel nie ‘n Cupido of verwant aan hulle nie, is Melissa de Vries se karakter juffrou Sasha Daniels, wie naas die bogenoemdes die meeste verskynnings op Arendvlei het.

Daar is heeltemaal teveel ander karakters wie oor die afgelope paar jaar of in ons harte gekruip het of ons gemoede lelik omgekrap.
Wat baie mense geniet is wanneer voormalige Arendsvlei leerders terugkeer as jong volwassenes en mooi inpas of net so bietdie die skape kom deurmekaar jaag.
As daar van hulle is wie jy sukkel om te onthou kan jy almal se name op dié lys check.
Arendsvlei Complete Full Credits List

Arendsvlei se rolspelers vir Seisone 5 en 6. Foto: Facebook

“Die span agter Arendsvlei kan geweldig trots wees op die ryk storiewêreld wat deel van ons kykers se daaglikse werklikheid geword het. kykNET bedank Penguin Films, elke akteur en elke lid van die produksiespan wat ons geleer het om hoog te mik,” sê Pelser.

 

Roberta Durrant, kreatiewe vervaardiger van die program, voeg by: “Ons is trots op wat ons met Arendsvlei oor die afgelope ses jaar bereik het. Dit het resoneer met baie mense dwarsoor die land en storielyne het hul telkemaal diep geroer. Arendsvlei is anders as ’n sepie – dis ’n telenovela wat altyd tot ’n einde sou kom. Dat dit ná ses jaar steeds kykers boei, is ’n merkwaardige prestasie. Ons is dankbaar dat ons Arendsvlei op die kruin van sukses kan beëindig.”

 

Die program sal tot 27 Junie 2024 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai word en hopelik nog biejie langer beskikbaar wees op DStv se Catch Up en Showmax vir diegene wie dalk daai laaste paar episodes misloop.

“Ons is dankbaar dat kykNET ons met die produksie van Arendsvlei vertrou het, en ons hoop om in die toekoms, ná Arendsvlei tot ’n einde gekom het, saam met die skrywers, akteurs en produksiespan aan ander projekte te werk,” sluit Durrant af.

Net so terloops… Een van baie kykers se favourite couples op Arendsvlei was Daniel en Angel gespeel deur Cantona James en Chelsea Thomas.
Hulle het herenig as ‘n on-screen couple in die aksie tv reeks Spinners wat vanaf 8 November op Showmax uitgesaai word.
Sien on berigte oor Spinners

Cantona James en Chelsea Thomas speel Daniel en Angel op Arendsvlei. Foto: DStv Media

kykNET sê dat daar aan opwindende kanaalinhoud vir kykNET&kie gewerk word, en kykers kan uitsien na vars vermaak wat vanaf vroeg volgende jaar uitgesaai sal word.

Natuurlik wonder ons hier by Bruinou.com alreeds of daar dalk ‘n een of ander tyd ‘n “spinoff” kan wees, waar ‘n paar van die karakters nuwe lewens in ‘n nuwe telenovela of sepie of self ‘n drama series.

Of daai nou sal gebeur of nie…

Arendsvlei het Hoog Gemik en het Vele Hoogtes Oorskry!

What do you think?

Written by Ryan Swano

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GIPHY App Key not set. Please check settings

Filmmaking Duo Wins Silicon Valley African Film Festival Award

Spinners Star Cantona James Speaks About His Role & His Life