in , ,

Uitdagende Rap Kabaret Teaterstuk ‘n Berekende Waagstuk

Lipkap se Tongklap Rymklets Kabaret Daag Teater Norme Uit by Woordfees

Daar’s ‘n Ingelse sêding, “They Understood The Assignment”, en dis presies wat Frazer Barry en hom mede rolspelers bewys met Lipkap se Tongklap.
Ons neem dit as vanselfsprekend aan dat een van die belangrikste doele van Afrikaanse kunsfeeste soos die Toyota US Woordfees is dat Taal en Taalgebruik in al sy aspekte en al sy vorms vleuels gegee moet word. Dié doen hierdie Rymklets Kabaret-span met oorgawe en ons weet die gehoor gaan sommer baie pret hê.

Vervaardig deur Oeps! Ons Eie Produksies onder die direksie van Frazer Barry kan Lipkap se Tongklap beskou word as ‘n wel-deurdagte samesmelting van verskillende uitvoerende kuns genres wat heelwat nuwighede inhou vir die vermaakbedryf.

Frazer Barry beskryf dit as iets tussen ’n operette en ’n kabaret wat saam met rymklets sorg vir ’n unieke musiekteaterervaring in Afrikaans en Khoekhoegowab.
Frazer Barry beskryf die funksie van taal as eenvoudig. “Jy formuleer eers jou gedagtes en dán kom land dit in jou mond. Dan spoeg jy dit uit en stuur dit die wêreld in.”

In Lipkap se Tongklap ondersoek woordkunstenaars die komplekse tema van taal en kommunikasie en gebruik musiek, digkuns, storievertel en rymklets as medium.
Daar word satiries gekyk na die mens se vermoë om gedagtes te vorm, te verwoord en dit te kommunikeer.
“Ons ondersoek hoe ons as mens woorde gebruik in ons daaglikse bestaan. Ons kyk na taal en ondersoek hoe dit ons as mens gevorm het. Hoe die mens taal inspan as ’n wapen en as salf . Hoe taal oor die jare verander het.”

Ons ondersoek ook op watter wyse ons die verskeie bestaande vorms van rymklets oftewel rapmusiek opbou en weer afbreek om dit op ander maniere voor te stel. Ons het die vorms van Rymklets en die medium van Kabaret byeengebring omdat dit soveel dinge in gemeen het.

Frazer Barry, Jason Hakkiesdaad Hartman en Charlton Breimasjien Davids het Groot Pret by Lipkap se Tongklap Repetisies

Dit klink alles ‘n bietjie klinies en akademies maar Frazer Barry verseker ons dat hulle opvoering is vol energie en belaai met pret.
Apart het Kabaret en Rap opvoerings baie in gemeen met mekaar deurdat dit die gehoor intrek op ‘n manier wat amper as direk en intiem ervaar kan word.
“In Kabaret is daar nie ’n ‘fourth wall’ nie. Kabaret is altyd atmosferies, gelaai met energie, in ’n nagklub, kroeg of restaurant waar jou gehoor naby jou en deel van die aksie is. Rapmusiek deel dieselfde kwaliteite wat daardie aspekte betref.” reken Frazer.

Rymklets is natuurlik nou-verwant aan digkuns en die opvoering en voordrag van gedigte is ook hedendaags verhef tot ‘n onafhanklike uitvoerende kuns.
Almal die kunstenaars in Lipkap se Tongklap lewer, bo en behalwe die kunste waarvoor hulle meer bekend is, ook digkuns by tot die opvoering.

Behalwe dat Kleinmond egpaar Frazer en Deniel Barry kernlede van die musiekgroep Tribal Echo is, werk hulle ook as musiek- verhoog- en filmvervaardigers.
Frazer Barry word ook almeer bekend as ‘n TV en radio aanbieder vir verskye programme soos byvoorbeeld kykNET&Kie se OmmiGhellie.

Earl Witbooi, Deniel Barry en Frazer Barry van Tribal Echo

Nog ‘n kernlid van die musiekgroep Tribal Echo is baskitaar- en kitaarspeler Earl Witbooi.
Earl is ook bekend vir sy optredes in vele ander musiekprojekte en as deel van orkeste soos byvoorbeeld Die Papsnare Guitar Band.

Jason Hakkiesdraad Hartman vanaf George word hooggeag deur baie musiekliefhebbers, waaronder baie van ons lesers, as een van die ikone van hedendaagse “Conscious Rap”.
Hakkiesdraad se rymklets pak soms ernstige samelewings en kulturele kwessies aan sonder dat hy enige pret inboet met sy musiekstyl en opvoerings. Dis ook verfrissend dat hy so gereeld dagend is met eksperimentele klanke en meermaals werk dit vir hom.
Ons het onlangs hom musiekvideo saam Frazer Barry hier op Bruinou.com gedeel.
WATCH Roer My deur Hakkiesdraad en Frazer Barry

Rapkunstenaar, musiekvervaardiger en musiekant Charlton Davids is alombekkend as Breimasjien… Ja, as jy nie weet nie… Hy brei as hy praat.
Wat min mense weet omtrent hierdie Worcester musiekant wie vele instrumente bespeel, is dat hy ‘n bogemiddelde opregte en bewese klavierspeler is en ‘n verskeidenheid genres met gemak op die klawers aanpak, vanaf klasiekemusiek tot Gospel en Jazz, en enige iets tussenin. Behalwe dat hy aan hom eie musiek werk is hy ook vervaardiger vir menige kunstenaars onder die vaandel van hom Bar Barr Records

Charlton Breimasjien Davids, Jason Hakkiesdraad Hartman en Ryan Fifth Element Swano by Hakkiesdraas se 2016 opvoering van Die Riel MaKhoi-kunde

Vanaf Wolseley is die rapkunstenaar en sanger Kaecee wie bekendheid verwerf het met haar debuut enkelsnit Boesman Barbie wat deur Breimasjien se Bar Barr Records vervaardig is.
Met haar deelname in Lipkap se Tongklap bewys Kerischnie Pheiffer dat sy sommer veel meer het om die kuns- en vermaaklikheidswêreld aan te bied en ek sal aanraai dat julle dophou wat haar next move gaan wees.

Kerischnie ‘Kaecee’ Pheiffer op die omslagfoto van haar Boesman Barbie enkelsnit

“Al die kunstenaars op die verhoog het bydrae gelewer tot die teks, met musiek, die tonele en lirieke. Wat kabaret van ons as kunstenaars vereis, is om te sing, rolle as akteurs in te neem en soms te dans” deel Frazer mee.
“Die energie is hoog en die optredes ‘larger than life’. Die woorde slaan hard. Die vorms word gebreek. Die norms word uitgedaag. Daar word gelag, gehuil, gedans en saamgesels.”
“Deur Rymklets en Kabaret saam te bring, daag Lipkap se Tongklap die bestaande vorms van Teater uit maar dit daag ook rymkletsers uit om hul woordkuns op verskeie maniere aan te bied.”

In ‘n vorige geselsie met Frazer en Hakkiesdraad so ‘n maand gelede toe ons so bietjie op-catch met mekaar was dit oorweldigend duidelik dat hulle die proses om Lipkap se Tongklap te ontwikkel sommer baie geniet.
Behalwe dat ek weet dat almal in die span natuurlik baie talentvol is, is daardie gees wat hulle het van ‘ Enjoying The Process’ defnitief die ‘magic ingredient’ wat gaan deurdring tot hul gehore.

Behalwe vir Lipkap se debuut vertoning by die Toyota US Woordfees te Drostdy Teater op 7 en 8 Oktober 2023 dink ons dat Lipkap se Tongklap een van daai soort uitvoerende kunskonsepte is wat op toer geneem moet word.

LIPKAP SE TONGKLAP ‘n Rymklets Kabaret
Met: Frazer Barry (Kitaar/Perkussie/Rymklets/Digkuns/Sang
Charlton Davids (Klawerbord/Rymklets/Digkuns/Sang
Deniel Barry (Tromme / Perkussie/Dikuns/Sang)
Jason Hartman (Rymklets/Digkuns)
Kerishnie Pheiffer (Rymklets/Sang/Digkuns)
Earl Witbooi (Baskitaar/Guitar/Digkuns/Sang)

Moontlik gemaak deur: Toyota US Woordfees
Musiek en Regie: Frazer Barry
Vervaardiger: Oeps Ons Eie Produksies

Klik op die foto om kaartjies te bespreek vir Lipkap se Tongklap by die Toyota US Woordfees

What do you think?

Written by Ryan Swano

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GIPHY App Key not set. Please check settings

Emile YX? Returns Home to Celebrate 41 Years of SA Hip Hop Culture

JMPD’s Refusal to Appoint Coloureds Needs to Be Addressed