Ek is bly dat Smuts Ngonyama finaal bevestig het wat vermoed was sedert 1994 en wat Allan Boesak so akkuraat saamvat en dit is dat die ANC die taal van rasseskeiding weereens ingestel het. Hierdie stand van sake skuif alle pogings wat nie-rasbehepte Suid Afrikaners aangewend het om ‘n nuwe Suid Afrikaanse identiteit te skep wat vry is van rassisme op die agtergrond. Aangesien ek ook in die ou Suid Afrika deur die Nasionale Party regering as kleurling geklassifiseer was (al het ek nooit die term aanvaar want vir my was dit gelyk aan benede-mens) het ek ook nes my swart-swart medeburgers die toepassing van die Apartheisdswette aan my bas gevoel. Toe ek in Standerd Nege was is ek as Skoolkind deur die wit Polisieman gevra vir my Pasboek, let wel, nie identiteitsdokument nie en ek kon dit nie tevoorskyn bring en is toe opgesluit. Ons was gedwing om te trek eers uit Claremont en toe Marabastad en is afgelaai in ‘n droewige Eersterust wat letterlik ‘n plaas was. Ek het ondergeskikte skolastiese opleiding by ondergeskikte skole gekry en moes myself op tersiêre vlak kwalifiseer as werkende, getroude man. Gee dit ‘n aanduiding vir Smuts Ngonyama dat ek as ‘n Griekwa-Sotho-Ierse-Khoisan (nie kleurling) ook “struggle” kredietwaardig is?
Verder, is hierdie dekade die Dekade van die Swartvrou verklaar deur almal wat in magsposisies is. Dit beteken dat diè vrouens sal bevoordeel word en geen moeite word gespaar om hulle in top posisies in te kry-ten koste van ander. Ek wil dit op rekord plaas, dat die meeste Swartvrouens wat ek ken (uitsluitend my ontslape Ma en Swazi Skoonma) is akademici of sakevrouens. Hulle het ryk opgegroei, het private skole bygewoon, praat Engels met ‘n Dali Tambo aksent, het voltyds aan Universiteite plaaslik of oorsee gestudeer, is ver ligter in velkleur as ek, maar hulle staan eerste in die tou as “Swartvrouens” om bemagtig te word-nie een het ooit ‘n Spazawinkel bedryf nie. In kontras soos ek gemeld het het ek aan die kortste ent getrek op alle vlakke, het privaat Afstandsonderrig van Unisa ontvang, moes in ANC of Inkhata beheerde treine reis, het ver ente gestap op die Alleen Blanke busroete na Unisa en my etes op die sypaadjie of op die gras van Kerkplein geëet-dit terwyl ek dit kon bekostig om in die wit restaurante te eet. Nou staan die ryk, lig-van-kleur Swartvrouens wat Fullbright-beurse gekry het weereens voor in tou en kry weer alle voordele en ek moet maar weer agter in die ry val. Ek aanvaar dit nie en sal nooit weer toelaat dat ek weer as tweedeklas burger deur die lewe gaan. Om Madiba buite konteks aan te haal: “Ek het geveg teen witdiskriminasie en ek sal veg teen swartdiskriminasie. Ten alle koste” En in navolging van die groot King:
“Ek het ‘n droom gehad, dat in die Nuwe Suid Afrika sal daar nie weer teen my en my soort gediskrimineer word nie, maar die droom het ‘n nagmerrie geword”.
Sipho Seepe in die Voorwoord tot die boek “Robert McBride-a coloured life”
stel dit so duidelik dat om na die kleurlinge te verwys in die clichè-agtige manier van “nie wit genoeg” en “nie swart genoeg” dui op die feit dat die politieke diskoers net gereduseer word tot wit versus swart en dat die ander rasse uitgesluit word. Verder vra Seepe die vraag: “sal die sogenaamde kleurlinge ooit ‘n tuiste vind in die Nuwe Suid Afrika?”.
Die antwoord is ja want hierdie mense het in die verlede aan die land gebou en is nog positief om dit ook in die toekoms te doen ten spyte van blatante diskriminasie teen hulle.
Dit is tyd dat die nuwe gode (Swart-swartes) wat die mag het wat hulle tyd deurgebring het oorsee om te studeer en vakansie te hou hulself losmaak van hul vooroordele en nie hulself posisioneer as die nuwe onderdrukkers nie.Hulle moet hul veneinige gesindheid verander teenoor die Bruin-swartes, die Indiër-swartes en die Wit-swartes (Afstamellinge van Oom Beyers Naudè, Duitsers en Engelse wat in die Townships kom trou het of kinders verwek het soos Happy Sindane), Immigrante en die Swart-jode en ruimte skep vir alle inwoners deur die mag aan hulle toevertrou. Hulle moet hierdie nuwe sirkus stop van ‘n nuwe rasbehepte Suid Afrika te skep en ons toelaat om as wêreldburgers te floreer in diè Inligtingstegnologiese era. As ‘n vrydenker en ‘n persoon wat baie reis versprei ek die boodskap onder die jeug en my eie kinders dat hulle moet weier dink en funksioneer as binne die grense van een Ras, een woongebied of een land. Dit is kontraproduktief.
Fediverse Reactions
Post URL
Paste the post URL into the search field of your favorite open social app or platform.
Your Profile
Or, if you know your own profile, we can start things that way! Why do I need to enter my profile?
This site is part of the ⁂ open social web, a network of interconnected social platforms (like Mastodon, Pixelfed, Friendica, and others). Unlike centralized social media, your account lives on a platform of your choice, and you can interact with people across different platforms.
By entering your profile, we can send you to your account where you can complete this action.