Ek praat nou die dag met ‘n ander vrou en wat my strike is hoe unique ons coloureds is. Sommige mense sal sê ons het nie culture nie maar ek dink ons het genoeg rede om te se ons het culture.
Ons het miskien nie traditional klere nie, ons het miskien nie traditional musiek nie, ons het miskien nie traditional leiers nie maar ek dink ons het tog culture. Wat maak ons so uniek? Ons glo daarin om nie te kook Vrydae en Saterdae aande nie, ons eet net Take Aways.
Sondae oggende ry die toppies Limno’s plat vir Koeksiesters, of die laaitie word vroeg wakker gemaak om dit te gaan haal.
Ander tyd, net om safe te wees, word dit sommer al die Saterdag aand gekoop.
Sunday afternoon se lunch lyk soos n troue, daar is 2 of 3 slaaie, seekos brijanie, hoender kerrie, braai boud, bobotie, roast potatoes, patats en wat en wat en wat….. en roomys en appeltert
Einde van die maand dan weet jy die mense het gelt want dan is al die kos winkels vol, Steers,Spur, Nandos, Kentucky, al daai winkels.
As dit Krismis tyd is dan sien jy van al die fashions.
Moenie praat van Easter Tyd nie, waar anders het jy gehoor mense maak Pickle Fish and Hot Cross Buns ,die kinders vreet hulle simpel aan tjoklit eiers, Slaan bietjie n round in n Coloured buurt daai Thursday night voor Good
Friday boy, ek se jou, jy ruik net vis wat gebak word. Plus die Easter Eggs is da.
Die ou tannies maak die laaities Good Friday vroeg wakker om Grave jaard toe te gaan om blomme oppie ouma se graf te gaan sit. Na daai dan is dit chapel toe vir die oggend diens.
As die skole sluit dan is daai soos ‘n public holiday vir die kinders,hulle gaan met hulle Levi’s en Nike’s skool toe en almal is uitgevat, goue kettings ommie nek, en selfoon inni hand. school closing sessions en wat wat…..
Plus as dit weer daai tyd van die maand is, die dummy is lag, dan is dan nie meer lunch geld nie dan word die vorige aand se kos saam gevat werk toe vir lunch.
Almal se menu vir die week vir aand kos is min of meer dieselfde. een aand is dit frikkadel, die neks aand groen boontjie bredie, dan gebakte snoek en patats, dan mince kerrie met ertjies, en almal eet hoender – dis roast
chicken, hoender pie, hoender kerrie, en die high ups eet nou glad chicken salad.
Oe en Ons like onse danse, Ons huur ‘n civic centre en ons vikoop tickets aan al ons vriende en hulle se vriende en die aand vannie dans ken almal vi almal .Its like going nowhere out of the neighbourhood want Mienie,Tiema,Josie, Boeta Davy – hulle sit almal daar -uitgevat.Plus vir die van julle wat nog nie by n dans was nie, maak ‘n plan. Ek se julle, die ooms en die aunties kan vir jou wikkel jong, laat jy tot in jou tone lekker kry.
En assit oo is stry die anties wie kry die blomme ennie kers oppie tafel.
Ons like ook onse huis parties -dan sit ons die Hi-Fi oppie agte stoep en ons drai die volume op dat die neighbour se venstes dreun- en die manne dans da oppie paving jong!
Oe ja en ons like van kwaai karre ne, ons like om mense te invite na ons huis toe wat duur karre het sodat die neighbours kan sien ons mix high up dan het hulle mee respek vi ons. Dit moet Bee -Em of Benz wees – kyk as jy
een van die twee het is jy kwaai en mense gee pad vi jou.
En da kom ‘n stadium in al ons lewens wa ons nie mee afrikaans kan praat nie ne want ons het nou uitgevind ons Ouma van ons Pa se kant was German en ons verstaan nou nie meer ‘n woord afrikaans nie. Hoe minder Afrikaans ons praat hoe hoer op is ons en die wit mense het meer respek vi ons.Want dan het ons mos nie meer Boesman of Hottentot connections nie .
Vir breakfast eet ons mielie pap, of brood en koffie/tee, as ons n bietjie high up is, (en ons ry BMW ) dan eet ons Kelloks, Weet Bigs of miskien n bacon en egg…..

