Nou die ding met Die Blikkie Watse Boom Uit Is, is ‘n Goema ding…
Die Blikkie se Boom, met Mac McKenzie & The Genuines, is ook Churchil se eerste enkelsnit vanaf hom album waaroor jy verder onderaan meer kan lees.
Dit is beide ‘n huldeblyk aan ‘n legendariese Jazz en Ghoema kunstenaar wie ook Rock-musiek gespeel het en Simfonies gekomponeer het en ‘n nuwe ‘blik’ op die invloed van Ghoema-musiek en die Goema Instrument op ons kultuur en op baie van ons ander musiek-genres.
Huldeblyk Aan ‘n Legende
Die Ghoema-Jazz Pionier, Gerald McKensie, beter bekend as Mac McKenzie of Mr Mac is op 29 April 2024 oorlede maar die opname van Die Blikkie Se Boom deur Churchil Naudé het reeds die vorige jaar begin.
Met die legende se toestemming bevat Churchil se weergawe van die tradisionele liedjie stem opnames en selektiewe instrument opnames vanuit die Mac McKenzie & The Genuines weergawe van Die Blikkie Se Boom.
Churchil Naudé se song skop af met net ‘n nostalgiese Cape Jazz saxofoon en dan drop ‘n lekke wakke Ghoema beat en bassline, met ‘n klopse style banjo “drone riff”.
Vir die van julle wie nie weet nie, ‘n drone riff is wanneer ‘n kitaar- of banjospeler vir ‘n hele lang frase van ‘n song dieselfde een volgehoue akkoord, soms met net baie klein variasies op dieselfde akkoord tussenin, ritmies en aaneen speel om ‘n soort van spanning in die agtergrond van die ander instrumente te hou.
Don’t be mistaken… in dié geval betek die woord ‘drone’ nie vervelig nie.
Die Belangrikheid Van Kulturele Egtheid
Wanneer Churchil begin rap is daar nie net een boodskap nie. Dis klomp veskillende boodskappies met ‘n sentrale tema wat nie doekies omdraai nie. Hy vertel stories van mense wat nie authentic is met hoe hulle hulself voorstel en uitdruk nie.
Hoe ek dit verstaan sê hy ons mense is Misunderstood en óns dra self daarby toe omdat ons teveel probeer om ander kulture na te boots.
Omtrent Die Blikkie se Boom sê Churchil dat hom eerste neiging was om die liedjie te skryf aan veral Kaapse rappers wie se eerste taal Kaaps-Afrikaans is maar wie nie hulself uitdruk in hul liedies met dieselfde manier van praat wat hulle in hul daaglike gesprekke gebruik nie.
Toe ek hom my siening gee dat ek dit dit sien as meer as net op rappers gemik toe stem hy saam.
” Dis definitief gemik op mense in alle vorms van expression en creative arts, but dis ook vir alle mense net om die lekkerte van Goema te beleef.”
WATCH: Die Blikkie Se Boom deur Churchil Naudé (Met Lirieke)
Daai ismanet hoe ôs praat
As jy moet hoor hoe ek en Churchil so nou dan oppie foon gesels, dan sal jy oplet hoe swaai ôs met gemaak deur al die klomp vorms van Afrikaans, dat jy sal dink ons ‘Code Switch’ heeltyd, maar eintlik is dit nie Code Switching nie. Die verskil is dat die manier waa’op ôs praat heeltemaal natural is. Ons aksente en ons nuanse verander nie.
Ons kan albei hoogdravende tegniese en akademiese Afrikaanse woorde in dieselfde sinne gooi met Kaaps, Afrikaaps, en dan kom ek nog by met my Engels en Mengels.
Soos ek dit sien, alhoewel Die Blikkie se Boom ‘n baie ernstige kulturele boodskap dra, het Churchil dit reggekry om ‘n lekker tradisionele Cape Ghoema Anthem te vat en dit hom eie nuwe Goema Woema te gee.
Net so by-the-way, ek gebruik albei spellings van Goema en Ghoema en dis albei geldig.
Djy gaan my nie nog stry daa’oo nie.
Langlewendheid in Die Musiekbedryf
Ek gaan eerlik wees, en ek dink Churchil weet hoe ek hom sien. Wanneer dit kom by Afrikaanse rappers, in terme van ‘flow’, dis nou die manier waarop ‘n rapper se lirieke uit hom of haar ritmies vloei oor die musiek, is Churchil nie juis my favourite nie, MAAR…
In terme van musikaliteit, in terme van temas en musiek konsepte, van inhoud en stories vertel met hom lirieke is Churchil in ‘n klas van hom eie.
Dis daardie eienskappe van hom musiek wat hom verhewe bo baie ander kunstenaars vanuit ons Bruin-gemeenskappe en in die groter Afrikaanse musiekbedryf landwyd.
Daar is baie goeie redes hoekom Churchil Naude langlewendheid in die die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het.
Een van die grootste van daardie redes kan ‘n mens sien in ‘n samevatting van die klomp boodskappies in Die Blikke Se Boom; Egtheid.
Die Blikkie se Boom is Authentic want Churchil Naudé is Authentic.
Vir My Ma Se Kinners
Die Blikke Se Boom is die eerste enkelsnit van Churchil Naudé se nuutste album Vir My Ma Se Kinners wat in Januarie 2025 uitgeriek word.
Omtrent die album sê Churchil nie veel spesifiek nie, maar wat ek kan aflei en bespiegel is dat die klank en trant van die album op die Bruin-bevolking gemik is maar ook dat dit bedoel is om Óns Musiek-Stories aan musiekliefhebbers in ander gemeenskappe te vertel.
Om nuus oor hom musiek uit die perd se bek te kry doen een van volgende.
Volg Churchil Meneer Naudé op Facebook
OF