DIe eerste van die Ratanga Park Sunset Concerts in samewerking met Cape Town Music Academy (CTMA) and Century City Arts Foundation vind Sondag, Februarie 25 plaas by Ratanga Park, Century City.
Die eerste in die reeks konserte wat maandeliks gehou gaan word open met die gewilde hiphop-ster en veelsydige musikant Jitsvinger wie bekendheid verwerf het vir sy verwerkings van hom hiphop liedjies met ‘n verskeidenheid van genres, veral met ghoema-jazz en met hom akoestiese kitaarspel.
Die veteraan van verhoogproduksies met heelwat live shows op hom kerfstok het al sover as Nederland opgetree en op Sondag Februarie 25, 2024, maak Jitsvinger die verhoog en die gehoor warm vir die hooofoptrede van die aand.
Die SAMA-wenners, gewilde Afrikaans Alternatiewe Pop Rock groep Die Heuwels Fantasties, is die hoofkunstenaars, so die hele aand gaan kook met goeie musiek.
Gewilde Rapper en Musikant van Formaat
In hiphop-geledere word Jitsvinger natuurlik hooggeag as a rapper en daar is min wie naby sy kreatiwiteit kan kom in terme ‘n gehoor blootstel aan nuwe klanke en nuwe ideës.
Sy grootste sterkpunt is dat hy ‘n veelsydige musikant is wie verskillende instrumente bespeel so sy liedjies word nie bloot gebore uit ‘n ‘beat and a rhyme nie’ maar hy werk in terme van algehele konsepte.
Sy albums, om ‘n paar te noem, vanaf Skeletsleutel in 2005, Jitsologie in 2017 en Jitsonova Vol. 1 Compos Mentis in 2021, en ook sy enkelsnitte soos Bruinsuiker en Graasies wys hy kannie net in ‘n boks gesit word nie.
Nogsteeds onthou die klassieke hiphop-styl van die dekade-oue Balade Van ‘n Epigoon dat Jitsvinger ‘n gragtige rapper is wie se storievertel vermoë nimmereinde het.
Ratanga Park Sunset Concert Gehoor Eerste om Nuwe Jitsvinger Single te Hoor
Wat hom nuutste single betref hou Jitsvinger sy kaarte styf teen hom bors vas.
“Ek gaan ‘n preview performance doen van my nuwe single met special guest features wat nogals vir baie ‘n surprise gaan wees.”
Dit is natuurlik iets groots dat die gehoor by Ratanga Park Sunset Concerts met ‘n Jitsvinger performance bederf gaan word, en dat ‘n diverse crowd aan ons Cape Flats Afrikaaps blootgestel gaan word.
WATCH ‘n Voorsmaakie Van Wat Jitsvinger Gaan Aanbied
Die Heuwels Weerklink Met Musiek
Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul energieke optredes en lekker saamsing-liedies wat handel oor die liefde en die lewe is al 15 jaar saam as ‘n groep . Die groep vanaf Bellville se groot aanhang regoor die land onder ‘n verskeidenheid van mense is te danke aan die lirieke van hul liedjies wat maklik by enigeen wat Afrikaans verstaan aanklank sal vind. Selfs vir die wie nie Afrikaans magtig is nie het hul Alternative Pop Rock styl ‘n innemende kwaliteit en hul seepgladde performances is wêreldklas.
‘n Crossover Experience vir Die Audience
Vir Jitsvinger fans is dit ‘n groot geleentheid om hom nuutste single te hoor en ook om nuwe verwerkings uit hom groot repertoire te ondervind. Ons hou ook natuurlik van die ideë dat fans van beide Jitsvinger en Die Heuwels Fantasties ‘n cross-over experience gaan hê deur mekaar se gunsteling musiek te kan hoor.
Die Sunset-konserte is piekniek-styl geleenthede geskik vir die hele gesin.
Hekke open om 16:00 en die konsert begin om 17h00.
Kaartjies is R200 vir volwassenes en gratis vir diegene onder 12 jaar oud.
Kontantlose parkering vir R10 sal beskikbaar wees vir konsertgangers by P2 en P4 vir die duur van die konsert.
Gaste mag hul eie pieknieks bring, maar geen alkoholiese drankies of glasbottels word toegelaat nie.
Daar sal wel wyn en bier by die konsert te koop wees, asook kos vanaf plaaslike kostrokke.
Konsertgangers word ook versoek om nie tafels, stoele en gazebo’s saam te bring nie siende dat dit die siglyne van ander konsertgangers sal versteur.
Kaartjies is vanaf Quicket beskikbaar.
GIPHY App Key not set. Please check settings